Gretha Wiid [Oudio+Video]

Jy moet leer om regtig te luister!

Die huwelik is soos ’n legkaart met honderde stukkies. Een stuk wat die hele prentjie kan bederf, is destruktiewe kommunikasie. Ons weet mos hoe belangrik dit is om dinge uit te praat, of hoe?

Ons ken almal die reëls: dat ons mekaar moet respekteer, ons tong in bedwang moet hou en nie ’n probleem onder die mat moet invee nie. As dit maar so maklik was! Duisende paartjies sukkel om by hierdie basiese reëls te hou.

Om tussenin te praat los nie probleme op nie

Mense erken gefrustreerd dat hulle nie hulle probleme kan oplos nie – hulle praat in sirkels, sê kwetsende dinge, slinger verwyte rond en eindig gewoonlik by dieselfde probleem. Later is huweliksmaats net nie meer lus vir baklei nie. In party huwelike is die groot probleem die feit dat net een die praatwerk doen. Die ander een word met stomheid geslaan, of beweer hulle het niks om te sê nie.

Tog is daar ’n karnallie wat meer gereeld moeilikheid en frustrasie veroorsaak as al die ander – die “intjip”-siekte. Kyk, as al twee gelyk probeer praat, bars chaos los. Albei ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!