Dink gou, hoe gelukkig is jy in hierdie stadium van jou lewe? Nie die ’op-die-strand-met-’n-drankie-in-die-hand’ soort geluk nie, maar die soort innerlike tevredenheid as jy die lewe voluit en doelgerig leef. Kry ’n lewe wat jy graag wil hê – meer effektief, meer doelgerig, meer tyd, meer geluk!
Die daaglikse ’doen-my-nou, doen-my-gou’ dinge hou jou so besig dat die res van jou lewe afgeskeep word.
Dalk weet jy nie meer wie jy regtig is, waarvoor jy staan en wat jy wil bereik nie …
Baie van ons is vasgevang in die mallemeule-sindroom van verbruikersmentaliteit, waar die hooffokus op geld, of die gebrek daaraan, val.
Soos die meeste mense, het jy seker ook op ’n tyd baie doelwitte gehad – net om toe later te besef hulle het iewers langs die pad agtergebly.
Jy moet weet wie jy is, waarvoor jy staan en wat jy werklik wil bereik!
Net soos jy jou persoonlike lewe en gesinslewe in balans kan bring, kan jy ook jou werk en finansiële lewe laat hande vat.
KRY-’N-LEWE! is ’n werk-lewe werkswinkel, aangebied deur Dr Gustav Gous, in samewerking met Voelgoed Media – vir entrepreneurs, bestuurders en leiers.
’n Plan vir jou werk én persoonlike lewe
Hoekom is ek op die aarde? Wat maak ek hier? Wat is die doel van my bestaan?
Vind jou lewensdoel!
Geen lewensdoel staan los van ’n spesifieke behoefte op aarde nie. Mense het verskillende talente gekry, sodat al die behoeftes wat op die aarde bestaan, vervul kan word.
Kry werk-lewe balans
Baie mense is in een aspek van hulle lewe in ’n goeie rigting op pad, maar die res van hulle lewe val uitmekaar.
Wat baat dit jou dat jy ’n fantastiese besigheidspersoon is, maar jou kinders is van jou vervreem …
Jou lewenswiel bestaan uit die volgende aspekte: liggaamlik, familie, sosiaal, geestelik, talente, finansieel en bydrae in die gemeenskap.
Early Bird-kaartjies vanaf R79 – geldig tot 30 Junie! KRY-’N-LEWE – ’n werk-lewe werkswinkel vir entrepreneurs, bestuurders en leiers word aangebied deur Dr Gustav Gous, in samewerking met Voelgoed Media.Registreer vir die KRY-’N-LEWE werkswinkel!
Kry ’n doelgerigte en vervulde lewe
Wat is jou waardes, of dan jou reëls, vir sukses?
Wat is jou houding teenoor of jou invalshoek op die wêreld?
Dink ’n bietjie oor hierdie vraag: As almal jóú houding sou inneem, sou die wêreld ’n beter plek wees?
Jy moet dus jou rigting, waardes en beginsels bepaal!
Omskep só jou doelwitte in aksieplanne
Stel jou presies voor wat jy van die lewe verlang.
Trek die buitelyne van ’n plan op met sperdatums, asook moontlike struikelblokke en die nodige strategieë.
Anker jou plan met die nodige hulpbronne, stel vir jou prioriteite, en werk aan en fokus op die belangrikste dinge – elke liewe dag.
Verbeter produktiwiteit in die werkplek
Produktiewe mense weet hoe om die horlosie en die kalender te gebruik en hoe om te beplan en te skeduleer.
Hulle weet presies hoe om te delegeer en hoe om doelwitte te stel.
En, meer belangrik, hulle kan die regte stappe uitwerk en neem om by hulle doelstellings uit te kom.
Wat is jou nalatenskap?
Wat laat ek agter as ek die dag doodgaan?
Onthou: Erfporsie is die geld wat jy nalaat; nalatenskap is wat jy nalaat in mense, die natuur en die samelewing.
As jy goeie dinge wil nalaat, sal jy eers moet leer om verby jouself te leef.
Selfsugtige mense leef net vir hulleself; ware groot geeste leef verby hulle eie grense, en selfsugtige belange.
Registreer vir die KRY-’N-LEWE werkswinkel!
Early Bird-kaartjies vanaf R79 – geldig tot 30 Junie!
KRY-’N-LEWE – ’n werk-lewe werkswinkel vir entrepreneurs, bestuurders en leiers word aangebied deur Dr Gustav Gous, in samewerking met Voelgoed Media.