Leer om… God se stem te hoor (in ’n besige wêreld)

Leer om… God se stem te hoor (in ’n besige wêreld)

“Daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om God se stem te hoor” sê Lynette Beer, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit?

Baie gelowiges sukkel om Jesus se stem te hoor

Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het.

Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort … Jou geloof is nie wat ...

“Daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om God se stem te hoor” sê Lynette Beer, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit?

Baie gelowiges sukkel om Jesus se stem te hoor

Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het.

Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort … Jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, jou verhouding met God is afgewater, jou gebede is oppervlakkig, en jou stiltetyd het selfs heeltemal verdwyn.

Hoe groei jy weer in jou verhouding met God? Wat doen jy om Sy stem te hoor in ’n besige wêreld?

Daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om na Jesus se stem te luister. Party mense dink God praat nooit met hulle nie. Ander dink hulle hoor Hom nie omdat hulle dalk nie regtig Sy kinders is nie.

Meeste van die tyd lê die probleem egter daarin dat ons net nog nie geleer het hoe om te luister nie.

God praat – Hy praat gereeld – maar ons weet nie hoe Sy stem klink en hoe Hy praat nie, en daarom mis ons dit wanneer Hy met ons praat.

Dit is wonderlik om goeie mense, ouers en werknemers te wees, maar God het ons by uitstek geskep om in ’n verhouding met Hom te staan, wat dit maklik maak om Sy stem te hoor.

In die Johannes-evangelie het Jesus iets hieroor te sê: “Die dief kom om geen ander rede as om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ek het gekom sodat my skape die ewige lewe kan hê en oorvloed kan geniet” (Die Nuwe Nuwe Testament, Stephan Joubert en Jan van der Watt).

Leer om te luister na die Here se stem

Die Here sê dat Sy skape Sy stem ken (Johannes 10:27); dus kan jy Hom vertrou vir ’n lewe van oorvloed wat Hy vir jou in gedagte het.

Hierdie vertroue is meer as ’n gevoel; dis ’n keuse om te glo wat Hy sê, selfs wanneer jou omstandighede of emosies jou iets anders wil laat glo.

Jy hoef nie jou gevoelens of realiteit te ignoreer nie. Jy hoef ook nie voor te gee dat alles oukei is nie.

Om God te vertrou, beteken om ’n lewe van geloof en gehoorsaamheid te leef, al is dit moeilik.

Om dit nog beter te verstaan: ’n Herder het baie tyd met sy skape deurgebring, sodat hulle sy stem kon leer ken. Dit het beteken dat hy hulle kon beheer met sy stem – net sy skape het agter hom aan geloop as hy hulle geroep het om uit die kraal te gaan vir weiding.

Dít is die tipe intieme prentjie wat vir ons Jesus se verhouding met ons teken – Hy wil hê elke gelowige moet Sy stem só goed leer ken dat Hy letterlik voor kan loop en ons begelei na die lewe en oorvloed wat Hy wil gee.

Ek en jy is die skape van wie Jesus hier praat. Sien jy Hy sê Sy skape luister na Sy stem?

Dit beteken ons kan Sy stem hoor, want ’n mens kan tog nie na iemand se stem luister as jy dit nie kan hoor nie!

Deel die artikel

Méér artikels

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Blinde sanger VERNON BARNARD leef in ’n stikdonker wêreld. Nogtans bly hy gefokus om die lig aan sy binnekant wat hom deur elke slaggat en ...

Scroll to Top