In stil-wees is antwoorde en lesse - LYNETTE BEER

In stil-wees is antwoorde en lesse

Om te voel dat jou gebede met stilte en afsydigheid beantwoord word, maak jou eensaamheid ondraaglik. Tog, wanneer God stil is, is daar lesse en antwoorde waarna jy kan soek, sê verhoudingskenner LYNETTE BEER.

Gelowiges ervaar soms stilte wanneer hulle na hulp smag. Partykeer is die swye sodat ons skerper sal luister. Antwoorde wat só onthul word, wys God se unieke manier van kommunikeer.

Kyk na Elia se verhaal in 1 Konings 19. Ná sy triomf oor die Baälpriesters, kruip Elia onder ’n besembos in. Depressie slaan toe.

Leer in stilbly wat geloof regtig is

Elia het vir sy lewe gevlug tot by die berg Horeb waar hy in ’n grot wegkruip. Dan beveel God hom om op die berg te gaan staan, want die Here wil verbykom.

Só word Elia uitgedaag om sy ore te spits. Hy moes luister vir God se stem. Daar het ’n magtige wind opgesteek. Maar God was nie in die wind nie; ook nie in die aardbewing of vuur wat daarna gevolg het nie.

God verskyn aan Elia in die fluistering in ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die violis LYNETTE DE JAGER het lankal reeds besef dat die lewe kort is en dat sy die beste moet maak van elke geleentheid wat ...

In vandag se samelewing begin portuurdruk reeds baie vroeg. Ons kinders begin gou agterkom dat ander kinders sekere goed op bepaalde maniere doen, en het. ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!