
Leer om… jou kind (én jou ouerskapstyl) beter te verstaan
- Ouerskap
- Hettie Brittz
Wil jy graag weet hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan?
“Ma’s en pa’s moet hulle kinders se uniekheid ontdek en koester, én ook leer hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei,” sê die ouerskapskenner HETTIE BRITTZ.
Wanneer ons met profiele werk, is daar geen ideale “soort” temperament nie. Die ideale temperament is die een wat jou skeppingsdoel die beste pas. Ons moet toesien dat die aangebore eienskappe uiting vind in opregte karakter.
Die basiese werksopdragte vir pa en ma
Goeie ouerskap is proaktief eerder as reaktief. Dit beteken dat jy jou eie plan het en nie net maak soos iemand anders nie. Dit beteken om gereeld aanpassings te maak vir snel veranderende tye.
Jou rol gaan oor jare baie verander, maar jy klim nooit van die verhoog af nie. Ma- of pa-wees kan nie deeltyds bedryf word terwyl ons ons eie pad loop nie.
Jou lewe is onherroeplik verander en jou kind gaan jou net soveel groeigeleenthede gee as jy vir hom.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Help jou kleuter, tiener en jong volwasse kind om haar karakter te ontwikkel sodat sy selfstandig kan wees en haar plek in die samelewing kan ...
Elke vrou het ’n veilige plek nodig waar sy net weer haarself kan vind. ’n Plek sonder enige pretensie of kompleksiteit, sonder veroordeling of verwagting. ...