Karien Basson [Oudio+Video] Vasbyt Woorde Maak seer

Leer om jou lewe met dapperheid en deursettingsvermoë te leef 

Leef met dapperheid en deursettingsvermoë! Die lewe is nie altyd maklik nie, maar met ywer en God aan jou sy kan jy die lewe se uitdagings oorkom. 

Jou teenstander en oorwinning is albei binne-in jou gesetel. Net jy kan jouself, jou situasie en jou emosies bemeester. God is altyd daar vir jou, maar jy moet jou lewe met geesdrif en dapperheid leef. 

Ek wil vir jou van dokter Glenn Cunningham vertel. As 8-jarige het hy die taak gehad om elke oggend voor skool ’n vuur aan te steek om die klaskamers te ...

Leef met dapperheid en deursettingsvermoë! Die lewe is nie altyd maklik nie, maar met ywer en God aan jou sy kan jy die lewe se uitdagings oorkom. 

Jou teenstander en oorwinning is albei binne-in jou gesetel. Net jy kan jouself, jou situasie en jou emosies bemeester. God is altyd daar vir jou, maar jy moet jou lewe met geesdrif en dapperheid leef. 

Ek wil vir jou van dokter Glenn Cunningham vertel. As 8-jarige het hy die taak gehad om elke oggend voor skool ’n vuur aan te steek om die klaskamers te verhit.  

As gevolg van iemand anders se nalatigheid het ’n brand uitgebreek. ’n Bewustelose Glenn is uit die brandende gebou gered en na ’n nabygeleë hospitaal geneem. Die dokters het vir die ergste gevrees. 

Glenn het wel oorleef, maar as gevolg van ernstige brandwonde aan sy onderlyf was hy in ’n rolstoel gekluister. Maar hy het nooit moed verloor nie. Daagliks, vir maande aaneen, het hy het met ’n groot gesukkel homself uit sy rolstoel gegooi en teen ’n heining opgesleep. Hy het dit as steunpilaar gebruik om weer te leer loop.  

Sy deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. In Februarie 1934 het hy by Madison Square Garden die myl in vier minute en 8 sekondes gehardloop. Die wêreld se vinnigste binnenshuise myl!  

Nie alles in jou lewe gaan moeiteloos of seepglad verloop nie. Omdat jy ’n kind van God is, verwag jy dit dalk. Maar dit is nie so maklik nie. God sal altyd aan jou sy wees, maar jy gaan ywer en vasberadenheid moet hê. Dit gaan jou uitkoms bepaal. 

Deel die artikel

Méér artikels

Voel jy hopeloos? LIESEL KRAUSE-WIID gee raad oor hoe hoop jou kan help om sterk en positief te bly, selfs deur die lewe se moeilikste ...

Besluiteloosheid is waarom sukses mense ontwyk. Andrew Carnegie het beweer dat mense meer as gevolg van besluiteloosheid verloor as deur ’n slegte besluit. Carnegie, vermoedelik ...

Scroll to Top