Die lewe gaan (ook) oor gelukkig wees’

LINDIE STRYDOM vind vreugde en geluk in die klein oomblikke

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste dingetjies. 

Vir my is die mooiste mooi… 

as my kinders lag, maar soos my man sê: “Ons lag saam met mekaar, nie vir mekaar nie.” In ’n ernstige wêreld is dit vir my lekker om te sien dat die kinders dinge geniet. 

Ek raak opgewonde wanneer...

ek die Here se noukeurigheid in die ...

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste dingetjies. 

Vir my is die mooiste mooi… 

as my kinders lag, maar soos my man sê: “Ons lag saam met mekaar, nie vir mekaar nie.” In ’n ernstige wêreld is dit vir my lekker om te sien dat die kinders dinge geniet. 

Ek raak opgewonde wanneer…

ek die Here se noukeurigheid in die kleinste besonderheid sien. Ons spartel en spook met ’n klomp goed, maar Hy kan baie dinge gelyk doen, alles fyn verweef met mekaar. 

My lekkerste dag is… 

die een of ander opwindende avontuur saam met my gesin, selfs op die ingewing van die oomblik. Soos wanneer ons op vakansie skielik besluit om ons tekkies aan te trek en met ’n bospaadjie langs te gaan hardloop. 

Wat my die gelukkigste maak, is… 

as ek weet ek is gehoorsaam aan dit wat Hy op my hart lê om te doen. Dit verg ’n goeie skoot dapperheid, maar saam met die vreugde kom daar ook ’n diep vrede, ’n innerlike sterkte wat jou dra. 

Ek bewonder… 

my man, want sy unieke kombinasie van talente, gawes en menswees maak hom so goed en effektief in sy werk. Ek is baie trots op hom, want in sy toewyding leef hy ook sy roeping uit. 

Ek voel geliefd… 

altyd! Ek glo ek is goed gemaak en met liefde gemaak. Dit beteken ook dat ek lief is vir die mens wat ek gemaak is om te wees. Hierdie posisie van liefde geld vir ons elkeen. 

My gunstelingtydverdryf… 

is draf. Dis my tyd om te ontspan, te bid en van stres ontslae te raak. Maar ek moet buite hardloop, nie binne op ’n trapmeul nie! Ek geniet dit om te sien hoe die bome gegroei het, watter blomme nou in blom is en so aan. 

Ek droom oor… 

dinge soos die twee, drie boeke wat ek nog wil klaarskryf, maar ook om te doen wat vandag plewer om gedoen te word. Ek stem saam met Richard Foster: Dreams are discovered, not made

My gunstelingplek… 

is waar my mense is. My man is die reisiger en ek gaan graag saam, maar my behoeftes is eenvoudiger. Vir my is daar meer mooi dinge verbonde aan mense en verhoudings as aan plekke. 

Deel die artikel

Méér artikels

NADIA BEUKES is ’n aktrise, aanbieder, en ma van twee klein lyfies. Geen negatiewe gedagtes kry vastrapplek in haar hart nie. In plaas daarvan om ...

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Scroll to Top