maak iets mooi van jou seer maak van jou seer iets mooi geloof my geloof elsje neethling

Maak van jou seer iets mooi

Op haar moeilike en seer reis met breinkanker het ELSJE NEETHLING, die Olimpiese swemmer Ryk Neethling se jonger suster, geleer hoe om elke dag vreugde te kies.

Ek was 13 jaar oud toe dit gebeur het. Toe ’n dokter uiteindelik die regte diagnose kon gee ná jare se kopkrap oor wat fout is met my.

Vroeg-vroeg in my lewe het ek al met hoofpyne, naarheid, dowwe visie en balans-probleme gesukkel. Party dokters het gemeen dis spanning. Ander het gedink dis dalk breinvliesontsteking.

Die waarheid het aan die lig gekom die dag nadat ek aan ’n groot swemgala deelgeneem het.

My pa het by my kamer ingestap met die koerant in sy hand.

“Poppie, jy moet nou ophou om jou te bekommer oor of jy die Vrystaat-span gaan maak.”

Daar was terg in sy stem. “Ons wil net hê jy moet gelukkig wees.” Geen reaksie nie.

Ek het op my sy onder die komberse gelê.

Sy stem was vol trots toe hy afbuk en die koerant vir my probeer wys.

“Pop, kyk. ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!