Ek kies om vas te hou aan hoop

Ek kies om vas te hou aan hoop

Ná ’n grusame motorongeluk is sy verlam en in ’n rolstoel. Nogtans gaan slaap TANIA VAN TWISK elke aand met die geloof dat sy môreoggend sal kan loop.

Hê geloof ten spyte van jou omstandighede

Sy sal nooit weer kan loop nie, en waarskynlik ook nie kan praat nie,” het hulle die nuus aan my geskokte ouers oorgedra. “Kritieke nekwerwels is morsaf, wat beteken sy gaan ’n kwadrupleeg wees – verlam van haar nek af ondertoe. Ons is regtig baie jammer.”

Maar God het ander planne gehad.

Toe die dokters ’n paar dae later weer X-strale neem, was hulle sprakeloos. Daardie einste werwels het vanself geheg. Niemand kon dit verklaar nie. Toe hulle die tragea-pyp uit my keel haal, was my eerste woord: “Hallo.” Ek kon steeds praat!

Geloof was nog altyd deel van my lewe, maar ná die ongeluk het dit ’n leefwyse geword. So natuurlik en noodsaaklik soos asemhaal. As ’n mens baie verloor, kom jy gou agter dis al wat oorbly.

Dis ook wat my naam beteken: geloof en genade. Ten spyte van ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!