Moenie MOED opgee nie, ongeag struikelblokke

Moenie MOED opgee nie, ongeag struikelblokke 

MICHELLE SPIES is feitlik heeltemal blind, maar dit het haar nie gekeer om al twee Comrades-ultramarathons te voltooi nie, en selfs haar tyd met ’n merkwaardige 3 uur te verbeter. 

Wat was vir jou die keerpunt wat jou gelei het om jou gestremdheid as deel van God se plan te sien?

Die keerpunt het in my laat twintigs begin toe ek besluit het om aan my verhouding met die Here te werk.

Ek het tyd in die Woord begin spandeer, nie net deur my daaglikse teks te ...

MICHELLE SPIES is feitlik heeltemal blind, maar dit het haar nie gekeer om al twee Comrades-ultramarathons te voltooi nie, en selfs haar tyd met ’n merkwaardige 3 uur te verbeter. 

Wat was vir jou die keerpunt wat jou gelei het om jou gestremdheid as deel van God se plan te sien?

Die keerpunt het in my laat twintigs begin toe ek besluit het om aan my verhouding met die Here te werk.

Ek het tyd in die Woord begin spandeer, nie net deur my daaglikse teks te lees nie, maar ook deur Bybelstudiemetodes te gebruik.

My oë het oopgegaan en my hart is gevul met die Heilige Gees. Op ’n dag het ek besef dat my gestremdheid nie ’n beperking is nie, maar eerder ’n unieke aspek van my lewensdoel.

Ná ’n wedloop het iemand vir my gesê: “Jy is so ’n inspirasie.”

In daardie oomblik het ek besef dat ek ander kan inspireer. Wat is ons grootste doel op aarde? Is dit nie om die Here se koninkryk te laat groei nie?

As my storie net een persoon kan inspireer nadat hulle die wonderwerke sien wat die Here in my lewe gedoen het, en hulle na Sy koninkryk lei, dan is ek bly dat ek nie kan sien nie.

Wat het aanvanklik jou liefde vir hardloop laat opvlam? 

As kind was ek lief vir sport, maar teen agt kon ek nie meer die bal sien nie. Niemand wou my kies vir hulle span nie, so ek moes hardloop. Gelukkig was ek nog altyd lief daarvoor.

Toe ek ouer word, het dit meer vir my beteken. Dit is ’n ontsnapping en tyd saam met die Here. Om in die natuur te wees, laat my die naaste aan die Here voel.

Die een silwerrandjie van nie kan sien nie, is dat alles vir my mooi lyk as ek hardloop. Ek sien nie die dooie blare, rommel langs die pad, of slaggate nie, wat nie altyd lekker is nie. Boonop het ek my beste vriende op die pad ontmoet. Ek sê elke dag vir die Here dankie dat ek kan hardloop.

Hy help my en plaas die regte mense op my pad om my te bring waar ek is. Ek weet nie wat ek sou doen sonder hardloop in my lewe nie. Dit is terapie, ’n ontsnapping, ontlading, en tyd saam met die Here. Wat meer kan jy vra?

Wat was die mees betekenisvolle emosionele hoogtepunt tydens die Comrades-ultramarathon? 

Sjoe, dit is ’n moeilike vraag. Daar het baie dinge gebeur. Twee oomblikke het egter die meeste uitgestaan.
Op 53 kilometer het my horlosie gevrek. Dit is een wat praat en vir my sê hoe ver ek is en wat my pas is.

Net daarna het ek ’n sielkundige muur getref. Ek was so moeg en honger en het gebid en gedink ek wil net opgee. Ek het my man gebel en hy het gesê ek moet aanhou, ek hardloop steeds ’n goeie tyd. Ek het begin hardloop, maar gewonder hoe ver ek is en wat my pas is.

Skielik het ’n ou langs my gehardloop en gesê: “Let’s run the next 10 k’s together, we are on 60 k’s, that will bring us to a silver.”

Ek het gedink, dankie God, U antwoord my gebede. Ek het die ou gevra wat sy naam is en hy het gesê Surprise.

Dit was ’n intense oomblik waar ek regtig gesê het: Dankie God, U antwoord my gebede direk, U het vir my ’n Surprise gestuur. Dit was ’n baie gelukkige oomblik.

Aan die einde, op die laaste 100 meter, het ek gebid dat ek nie moet uitpass nie en net oor die eindstreep kan kom. Toe ek daar oorkom, het ek besef, dankie, ek het dit gemaak. Ondanks my uitdagings, kon ek dit doen.

Was daar enige laagtepunte of uitdagings tydens die Comrades-wedloop? 

Die een ding van Comrades is dat daar altyd baie mense is om te volg. Ongelukkig was daar plekke waar die skare dun was, en ek het ’n slaggat gemis. Ek het geval, maar gelukkig meestal op my hande, en kon weer opstaan en aangaan.

Later het ek ’n verkeerde draai in die skare gemaak. Die son was in my oë, en ek het nie gesien hoe ek in die skare indraai nie.

Almal het geskree, “draai, Sussie, draai,” en ek het weer reggekom.

Toe my horlosie gaan staan, was dit die grootste laagtepunt. Dit sou my gehelp het om my pas en afstand te monitor, veral aan die einde.

By die eindstreep het hulle gesê my tyd was 07:34:00. Ek was so naby aan silwer. As ek dit geweet het, kon ek vinniger gehardloop het of nie moed opgegee het nie.

Kan jy ’n oomblik tydens jou hardloopsessies beskryf wanneer jy ’n besonder sterk verbinding met God gevoel het? 

Daar is so baie om van te kies, maar een van die oomblikke wat baie vir my beteken, was toe ek twee jaar gelede aansoek gedoen het vir ’n nuwe werk. Ek het vir die onderhoud gegaan en ná ’n paar dae niks van die maatskappy gehoor nie.

Soos enige persoon, het ek begin twyfel: Is ek nie goed genoeg nie, het hulle nie van my gehou nie? Ek het nie eens my Bybel gelees nie, ek was so gestres. Een middag het ek vir myself gesê om my Bybel op te tel en te begin lees.

Ek het een van my Bybelstudie-instrumente gebruik, Enduring Word, en die Heilige Gees het my gelei om die voorlesing van Genesis te doen.

Dit sê daar, jy kan na dinge in die geskape wêreld kyk en weet dat God werklik is. Psalm 19:1 sê die hemele verkondig die heerlikheid van God en die uitspansel toon die werk van Sy hande.

Ek het gedink dis mooi en die volgende oggend gaan draf. Dit was einde Maart en dit het begin donker raak in die oggende. Ek het daardie oggend opgestaan en met die Here gepraat en gesê, God ek is gestres.

Toe ek opkyk, het dit gelyk of die son en die maan langs mekaar was, dit was so mooi. Ek het onthou die hemele verkondig die heerlikheid van God en die uitspansel toon die werk van Sy hande. Dit het gevoel of die Here met my praat.

Dit het my vrede gegee en ek het geweet alles is in die Here se hande. Daai oggend toe ek by die werk kom, het ek my e-pos oopgemaak en daar was die kontrak van Afrimat. Hulle het my die werk aangebied en ek werk nou die afgelope twee jaar daar.

Watter boodskap het jy vir ander vroue wat dalk hulle eie stel uitdagings in die gesig staar? 

Onthou om altyd op te kyk. Werk aan jou verhouding met die Here, spandeer tyd in die Woord en moenie dit net lees nie. Kyk na verskillende Bybelstudie-instrumente; Enduring Word is ’n baie goeie een.

Dit maak nie saak hoe moeilik jou situasie is nie, dit gaan makliker wees om dit saam met die Here te hanteer.

Fokus op jou prestasies en nie jou teleurstellings nie. Vind jou passie en gaan daarvoor. Met vasberadenheid en deursettingsvermoë is enigiets moontlik. Kyk net wat ek bereik het!

Wat  is jou grootste toekomsdroom? 

Eerstens, om vyf minute vinniger te hardloop by volgende jaar se Comrades sodat ek daai silwermedalje kan kry.

En dan my grootste droom is om aan die volgende Paralimpiese Spele deel te neem. Ek is nou besig om hard te werk om die leer te klim om eendag hopelik aan die marathon en die 5 000 m deel te neem.

Deel die artikel

Méér artikels

Sy skitter in die kollig, maar SASHA–LEE DAVIDS is in haar wese eintlik skaam en teruggetrokke. Sy moes leer om vrede te maak met wie ...

Klein, slim en bekkig. Dís hoe mense vir ELOISE CUPIDO leer ken het. Sy is ’n voorbeeld van hoe om met selfvertroue vol en uitbundig ...

Scroll to Top