’n Leefstyl van blye aanbidding 

’n Leefstyl van blye aanbidding 

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.” (Markus 12:30) 

As aanbiddingsleier kom mense telkemale ná ’n aanbiddingsessie na my en sê iets soos: “Dit moet so wondelik wees om heeltyd in God se teenwoordigheid te kan wees met jou musiek.”

Hoewel ek regtig baie lief is vir wat ek doen en dit as ’n groot voorreg beskou, skop ek vas teen sulke aanmerkings … Ek weet dit is met die mooiste bedoelings gesê, ...

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.” (Markus 12:30) 

As aanbiddingsleier kom mense telkemale ná ’n aanbiddingsessie na my en sê iets soos: “Dit moet so wondelik wees om heeltyd in God se teenwoordigheid te kan wees met jou musiek.”

Hoewel ek regtig baie lief is vir wat ek doen en dit as ’n groot voorreg beskou, skop ek vas teen sulke aanmerkings … Ek weet dit is met die mooiste bedoelings gesê, en ek reken my “werk” maak dat ek doelbewus op God fokus, miskien meer gereeld as die kantoor-ou.

Nietemin … Ek glo aanbidding en God se teenwoordigheid is deur elkeen se HELE lewe geweef. Ons gees moet net bewus raak daarvan.

Aanbidding is nie net die twintig minute op ’n Sondag in die kerk wanneer ons liedjies vir Hom sing nie. Dit is om my hele hart, siel en verstand vir God te bring, elke dag. Dit is om gehoorsaam te wees aan dit wat God vir my wys ek moet doen of sê, of dalk juis NIE. Dit is om genade uit te deel soos ek dit van Hom ontvang. Dit is om God toe te laat om sy hart in ons harte te sit, sodat ons soos Hy kan optree. Dit is OORGEE aan dit wat God wil en aflê dit wat ék wil.

Aanbidding is ’n hart van dankbaarheid wat die goedheid van God in jou lewe raaksien. Dit is om te ontspan in God se rus en bewus te wees van sy oral-saam-met-jou-wees, want Hy leef IN jou. Dit is om op Hom te vertrou vir alles in jou lewe! Dit is om terug te hardloop na Hom toe as jy geval het. Dit is nog BAIE dinge … Dit is ’n leefstyl.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top