’n Vurige smagting na lof en erkenning

’n Vurige smagting na lof en erkenning

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning nie. 

Sukses kry met verloop van tyd nuwe betekenis 

Niemand het al ooit na my verwys as “wild at heart” nie, en tog is dit presies wat ek is. So saam met die goed wees en soet wees.

Van kleins af al die regte-egte hoofmeisiesoort wat gehou het van skoolwerk en eksamen skryf. Wat steeds daarin glo om die regte ding te ...

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning nie. 

Sukses kry met verloop van tyd nuwe betekenis 

Niemand het al ooit na my verwys as “wild at heart” nie, en tog is dit presies wat ek is. So saam met die goed wees en soet wees.

Van kleins af al die regte-egte hoofmeisiesoort wat gehou het van skoolwerk en eksamen skryf. Wat steeds daarin glo om die regte ding te doen as dit kom by die ernstige goed in die lewe.

Maar ook iemand met ’n speelse, avontuurlustige ingesteldheid.

Ek stap nog altyd my pad reguit, maar daar is ’n energieke vibe wat hierbinne vibreer; ’n stukkie rebelsheid waarmee ek graag die “resepte” van die lewe uitdaag.

Daar is altyd voorsiening gemaak vir alles wat nodig was, en meer. Ek was nooit ’n rykmanskind nie, maar as enkelouer het ma Carine seker gemaak die lewe word met liefde gevul. Ek was altyd netjies en versorg.

Sulke grootwordjare kweek in ’n mens ’n gesindheid van dankbaarheid. Later ook ’n vreesloosheid vir die lewe se uitdagings.

Dit was nooit ’n kwessie van “gaan ek suksesvol wees nie?” Eerder: “Ek sal hard werk en nooit opgee nie.”

My idee van sukses het met verloop van tyd nuwe betekenis gekry.

Dit was weer ’n sprankelende toekenningsaand. Een van vele. Die opwinding en afwagting was groot. ’n Vurige smagting na lof en erkenning … maar dan word die aankondiging gemaak en iemand anders kry die prys. Alweer …

In ’n mens se jonger jare beteken daai prys absoluut alles. Die teleurstelling om dit weer mis te loop, is onbeskryflik seer.

’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan lof nie 

Dis die swaarste swaar om te bly sit, terwyl jy so graag wil opstaan en iets vir jouself en jou span wil wen.

Die teleurstelling het mettertyd perspektief gebring. Die les dat sukses nie gemeet word aan hoeveel goue beeldjies op die rak staan nie.

Ek sê dit met ’n sagte, oop gemoed – want ’n mens is superbly vir enige kollega wat hard werk, talentvol is en erkenning kry vir hulle musiek. Ek eer hulle, respekteer hulle, is lief vir hulle.

Gelukkig kom ’n mens uiteindelik tot die besef dat jy nooit die volle omvang van ’n suksesvolle loopbaan kan meet aan een oomblik van erkenning nie. Net soos wat mislukking nie gemeet kan word aan een oomblik van teleurstelling nie.

’n Klein gebaar van erkenning kan vir iemand anders die wêreld beteken. In die groter prentjie van die lewe het dit my sensitief gemaak om nie erkenning en krediet van ander te weerhou nie.

As iemand iets goeds doen, prys ek hulle dadelik. Wens hulle op die plek geluk. Ek gee daai welverdiende klop op die skouer – want ’n mens weet hoe dit voel om dit nie te kry nie.

As ’n mens jonk is, wil jy jouself graag bewys. ’n Spesifieke etiket om die nek hang wat sê: “Dis wie ek is en dis waarmee ek goed is.”

Maar die volle omvang van menswees bestaan uit meer as een faset. Daar is soveel meer potensiaal in jou.

My raad aan alle vroue is om nooit vasgevang te raak in die een rol wat jy elke dag vertolk nie!

Deel die artikel

Méér artikels

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

Scroll to Top