Oefeninge vir mooi en ferm gevormde arms

Oefeninge vir mooi en ferm gevormde arms 

Met ’n klein bietjie tyd en inspanning is mooi, ferm gevormde boarms sommer in ’n japtrap binne enige vrou se bereik! 

Die meeste van ons wil op pragtige somerdae koel toppies en kortbroeke aantrek en lekker op die strand baljaar, maar is te skaam oor ons bingo wings – daardie ekstra los velletjie wat onderaan jou boarms wapper.

Jou arms bestaan uit verskillende spiere wat saamwerk om jou in staat te stel om verskeie bewegings en take te verrig.

Wanneer jy hierdie spiere oefen, is dit belangrik dat jy ...

Met ’n klein bietjie tyd en inspanning is mooi, ferm gevormde boarms sommer in ’n japtrap binne enige vrou se bereik! 

Die meeste van ons wil op pragtige somerdae koel toppies en kortbroeke aantrek en lekker op die strand baljaar, maar is te skaam oor ons bingo wings – daardie ekstra los velletjie wat onderaan jou boarms wapper.

Jou arms bestaan uit verskillende spiere wat saamwerk om jou in staat te stel om verskeie bewegings en take te verrig.

Wanneer jy hierdie spiere oefen, is dit belangrik dat jy verskillende bewegings verrig wat op elke deel van die arm gerig is.

As jy net een deel van die arm oefen, kan dit jou arms uit proporsie laat lyk.

’n Maklike oefenprogram waarmee jy kan begin en wat jy sommer by die huis kan volg, gebruik jou eie liggaamsgewig.

Doen tien opstote, onmiddellik gevolg deur tricep-vloer-afsakke.

Doen dan weer 10 opstote, maar maak dit hierdie keer tricep-opstote: Plaas jou hande naby aan mekaar en jou elmboë parallel langs jou lyf gebuig.

Volg dan met 10 stoel-tricep-afsakke. Begin met twee stelle van hierdie oefeninge en vermeerder dit elke week.

Mettertyd kan jy gewiggies by jou program insluit en ’n groter verskeidenheid oefeninge doen om daardie spiere te aanhou stimuleer.

Deel die artikel

Méér artikels

’n Baie algemene opvatting is dat jy urelange kardiosessies moet doen om vet te verbrand. Doen eerder kragoefeninge om jou metabolisme te versnel. Kardio is ...

Elke beweging wat jy uitvoer – doelbewus of nie – verbrand energie. Dit is goeie nuus as jy gewig wil verloor! Die liggaam benodig energie ...

Scroll to Top