Doen kragoefeninge vir ’n vinniger metabolisme

Doen kragoefeninge vir ’n vinniger metabolisme

’n Baie algemene opvatting is dat jy urelange kardiosessies moet doen om vet te verbrand. Doen eerder kragoefeninge om jou metabolisme te versnel.

Kardio is baie goed vir ons kardiovaskulêre gesondheid, maar as kardio- en kragoefeninge met mekaar kompeteer vir langtermyn vetverbranding, wen kragoefening die goue medalje!

Jou liggaam raak nie net vinnig gewoond aan jou kardiosessies nie, maar gewigsverlies as gevolg van kardio kom van vet en spierverbranding, wat tot ’n stadiger metabolisme lei en sodoende word ’n plato bereik.

Hoe meer spiermassa jy het, hoe meer kilojoules benodig jou liggaam, want spiere is metabolies aktief! Jou metabolisme is ook vinniger vir ’n langer tydperk na jou oefensessie, teenoor matige kardio-oefeninge, waar kilojouleverbranding terugkeer na normaal.

Jy het nie gimnasium-lidmaatskap of ekstra tyd nodig nie! Doen die volgende sommer by jou huis: Terwyl jy televisie kyk, doen ’n vinnige oefensessie gedurende elke advertensiebreuk. Met die eerste advertensie doen jy tien hurke, met tien nabygreeparmopstote en laastens tien opsitte.

Tydens die volgende breuk, gebruik ’n stoel en doen tien driekopspier-afsakke, gevolg deur tien hurkspronge en eindig met ’n plank-oefening. Roteer die oefensessies per ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ...

Jy het nie ure nodig om ’n effektiewe oefensessie in te werk nie. Wees slim en fokus op kwaliteit! Leer hoe verbrand jy vet vinnig. ...

Scroll to Top