[OUDIO] Almal moet God in jou dade sien

Word God se liefde weerspieël in jou dade? Dit moet jou strewe wees, elke dag, en ook dié van jou kinders. 

Hoe verstaan kinders die Vaderhart van God? Om vir jou kind te sê dat God liefde is, gaan nie vir hom of haar veel beteken nie. Dit word slegs ’n werklikheid as hulle dit in jou ervaar en sien.

As ma en ouer moet jy daardie voorbeeld stel. Dit is hoe ’n kind leer. Hulle boots hulle ma se optrede na en luister nie noodwendig na wat jy sê gedoen of nié gedoen moet word nie.

Dit is baie belangrik dat ons self God se Vaderhart verstaan. Hy moet ’n werklikheid in jou lewe wees. Ervaar jy Hom as ’n deernisvolle teenwoordigheid in jou lewe? Onthou, God is liefde. Dit is Sy natuur. Nooi jy Hom om in jou woning te kom maak, nooi jy liefde in jou lewe in.

Jesus Christus is God se instaatstelling en bekwaamheid in ons. In Romeine 5:5 lees ons want God se Liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...

Hettie Mills, lewensafrigter en stylkonsultant

Omring jou deur mense wat jou motiveer en die beste in jou na vore bring. Maar moenie soos hulle probeer wees nie. Jy is uniek ...

[Episode 9 – Oudio-reeks: Getroudwees, liefde en seks] Alle paartjies gaan deur moeilike tye. Maar moenie vasgevang word in jou eie emosies nie. Vra vir ...

Scroll to Top