[OUDIO] Die oorsake van depressie is nie so eenvoudig nie
- Self
- Johan Laten
“Wanneer jou kind die simptome van depressie ervaar, moet asseblief nie ’n etiket om sy nek hang nie en sê: My kind is depressief,” sê JOHAN LATEN.
Die eerste van die simptome van depressie wat ’n mens begin ervaar, is gewoonlik ’n verandering in slaap- en eetpatrone.
Ek kan nie aan die slaap raak nie, of ek raak wel aan die slaap, maar iewers in die nag word ek wakker en dan kan ek nie verder slaap nie. Ek kan nie eet nie, want alles raak dik in my keel, of ek ooreet. Ek bly permanent moeg.
As ek dit voor gehore vra, spesifiek vir kinders, dan steek almal natuurlik hulle hande op en sê: Ja, ek is verskriklik moeg. Ek sukkel met konsentrasie. Ek is baie emosioneel.
Laasgenoemde beteken nie noodwendig trane wat loop nie, maar dat al die emosies verskerp. Ek is baie geïrriteerd. Ek is baie liggeraak. Mense frustreer my.
Dit is die soort goed wat kan aandui dat iemand depressie het.
Daar is egter baie ander onderliggende mediese redes wat dieselfde simptome as depressie manifesteer.
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!