[OUDIO] Onderskei die ware Stem tussen baie

Daar is soveel “stemme” in ons lewens: familie, kollegas, die media, literatuur, musiek en ons eie gedagtes. Só kan jy Jesus se stem onderskei. 

Hoe kan jy jouself in ’n beter posisie plaas om God se stem te kan hoor?

Miskien is dit deur iets op te gee, soos ’n TV-reeks of ’n goeie storieboek. Miskien is dit om vroeër te gaan slaap sodat jy vroeër kan opstaan.

Net omdat Saggeus kort was, het hy nie gesê: “Wel, dis maar hoe dit is nie”. Hy het keuses gemaak om homself te posisioneer om Jesus te kon sien en hoor.

Ek erken dat dit tyd en oefening kos om te leer om met oortuiging te weet wat Jesus vir jou sê. Daarom moet ons bereid wees om elke dag beskikbaar te wees vir ’n luister-les.

Moenie wag om eers Jesus se stem te leer ken wanneer jy ’n krisis beleef of ’n groot lewensbesluit moet neem nie. Oefen op die klein dingetjies en raak só vertroud met God se manier van praat en leiding gee.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Hettie Mills, lewensafrigter en stylkonsultant

Omring jou deur mense wat jou motiveer en die beste in jou na vore bring. Maar moenie soos hulle probeer wees nie. Jy is uniek ...

Dr. Johan Beukes

“Uitbranding is ’n sindroom wat gekonseptualiseer is as gevolg van chroniese stres wat nie suksesvol bestuur word nie,” sê DR. JOHAN BEUKES. Die Wêreldgesondheidsorganisasie verwys ...

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Scroll to Top