[OUDIO] Jou welstand is jou eerste prioriteit

Dink jy dis selfsugtig is om jouself eerste te stel? Gee jy jouself prys vir ander en noem dit “onselfsugtigheid”? Onthou dan, jý is jou eerste prioriteit. 

Iemand wat hulleself ’n prioriteit maak, handhaaf ’n gesonde balans in hulle leefwyse. Selfsorg beteken dat ’n persoon hulle eie behoeftes én die van ander belangrik ag en dienooreenkomstig optree. 

Die basis van selfsorg is selfliefde. Daarom is so ’n persoon in staat om vir ander liefde te gee en diensbaar te wees. 

Mense wat selfversorgend is, is sensitief vir hulle eie behoeftes. Hulle sal nie skroom om “nee” te sê indien hulle werklik nie vir ’n taak kans sien nie. 

Selfwaarde word hoog op prys gestel, maar nie ten koste van ander mense se waarde nie. Hulle handhaaf gesonde verhoudinge in hulle lewe, want hulle het eerstens ’n gesonde selfbeeld. 

Selfversorgende mense leef met liefde, blydskap, tevredenheid en rustigheid. Hulle het ’n visie vir hulle toekoms, ken hulleself goed en het ’n leerbare gees. Hulle is baie bewus van hulle eie welstand. Hulle hart is vol en daarom kan hulle hulleself met die wêreld deel. 

Scroll to Top