[OUDIO] Verskuif jou fokus na die beste jy

Ons hoor gereeld dat waarop jy fokus, ’n groot invloed op jou ervaring van jou alledaagse lewe het. Hoe meer jy op iets fokus, hoe meer prominent raak dit. 

In ons besige lewe word ons voortdurend met uitdagende situasies gekonfronteer. Wanneer ons op die positiewe aspekte van ’n situasie fokus, is dit makliker om hierdie positiewe dinge in ons interpretasie van gebeure te inkorporeer. Dit is dus baie beter om op die positiewe kant van ’n situasie te fokus, want dit gaan jou gemoed positief stem. Dit beteken egter nie dat jy die negatiewe emosies moet ignoreer nie, want dit gee vir jou insig oor jouself. 

Navorsing het bewys dat optimistiese of positiewe individue baie makliker betekenis vind of groei ervaar in uitdagende situasies. ’n Optimistiese persoon hoef nie blind te wees vir die waarheid of probeer om “altyd” positief te dink nie. 

Jy kan steeds realisties in ’n situasie wees. Die sleutel is om jou emosies te bestuur sodat jy so ver moontlik in beheer van die situasie kan voel. Op hierdie manier gee jy jouself hoop vir die uitkoms. 

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Ons moet ons drome met ons dade ondersteun. Solank ons nie onsself op die realiteit van geleenthede voorberei nie, sal sukses ons bly ontwyk.

...

Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy ...

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Scroll to Top