[OUDIO] Verstaan die kenmerke van uitbranding
- Self
- Dr. Johan Beukes
“Uitbranding is ’n sindroom wat gekonseptualiseer is as gevolg van chroniese stres wat nie suksesvol bestuur word nie,” sê DR. JOHAN BEUKES.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie verwys na drie kenmerke van uitbranding: gevoelens van uitputting en min energie, sinisme oor werk en die lewe en verminderde professionele doeltreffendheid.
Kom jy die afgelope drie tot ses maande agter dat jou energievlakke besig is om te val? Jy slaap dalk baie, oefen selde en eet meer. Die moegheid is net die heeltyd daar en jou energie raak net minder en minder. Jy het altyd jou werk geniet, die lewe was vir jou lekker, maar ewe skielik raak jy sinies. Jy beur voort, maar dit is amper asof dit uitkring na ’n klomp ander goed toe ook.
Baie keer sal verminderde professionele doeltreffendheid veroorsaak dat eenvoudige dinge van jou werk vir jou baie moeite raak. Jy sukkel dalk om ’n e-pos te stuur. ’n Taak wat jy gewoonlik in ’n oogwink afgehandel het, raak ’n uitdaging. Jy is nie meer doeltreffend nie.
Wanneer jy al hierdie kenmerke saam beleef, is jy dalk uitgebrand.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...
Evette van den Berg, onderwyser
“Normaal” is bloot wat jy daarvan maak. Nie twee mense sien dit as dieselfde ding nie. Geniet elke dag net soos wat dit is! Besluit ...
[Episode 9 – Oudio-reeks: Getroudwees, liefde en seks] Alle paartjies gaan deur moeilike tye. Maar moenie vasgevang word in jou eie emosies nie. Vra vir ...