[OUDIO] Voorkom uitbranding deur kennis en selfsorg

Alle mense voel party dae uitgebrand. Let op die verskil tussen uitbranding en gewone moegheid, en kry dadelik hulp as dit jou oorkom.

Moedeloos druk jy die wekker dood. Jy het nog nie ’n oog toegemaak nie, hoe kan dit al opstaantyd wees? Jou kind kom die kamer ingehardloop om jou ’n drukkie te gee. “Los my net alleen, asseblief!” gil jy en voel dan dadelik skuldig oor die optrede.

Klink dit bekend? Dan is die kans goed dat jy op pad is om uit te brand, of reeds daaraan ly.

Uitbranding kom algemeen voor en is geen skande nie. Dit is juis mense wat hulleself dryf om op elke terrein te presteer wat slagoffers word. Super-ma’s.

As jy net ’n ma was, was dinge dalk makliker. Ons moderne samelewing vereis egter van vroue om ma, liefdevolle eggenoot, suksesvolle beroepsvrou en veel meer te wees.

Fisieke en geestelike moegheid is die gevolg van ’n oormaat stres oor ’n lang periode. Die eise wat aan ’n mens gestel word, is meer as wat hanteerbaar is met die hulpbronne beskikbaar.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...

Lynette Beer

“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...

Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...

Scroll to Top