Oudword hoef nie ’n krisis te wees nie 

Oudword is een van die onvermydelike realiteite van die lewe. Hierdie nuwe tydvak hoef egter nie ’n krisis te wees nie.  

Hoe jy hierdie metamorfose benader, is belangrik. Die klem moet nie op oudword geplaas word nie, maar op goeie veroudering. Beskou dit as ’n wandelpad eerder as ’n afdraande onderweg na ’n afgrond.

Veranderinge in breinfunksie en jou uitkyk kan jou lewenskwaliteit vorentoe beïnvloed. As jy ’n naam of twee vergeet, langer vat om blokkiesraaisels in te vul of dit moeilik vind om twee take tegelyk te verrig, moenie aanneem dat dit aan demensie toegeskryf kan word nie.

Wat jy ervaar, is ouderdomverwante aanpassings in hoe jou brein werk. In baie opsigte is dit eintlik ’n verbetering. Studies bewys byvoorbeeld dat ouer mense beter rasionele keuses kan maak en ander mense se negatiwiteit makliker as jonger mense afskud.

Die brein kompenseer vir ’n stadiger verwerkingspoed deur meer van sy dele te gebruik. MRI-skanderings wat geneem is van ’n tiener wat ’n probleem ondervind, toon verhoogde aktiwiteit aan die een kant van die prefrontale korteks, die area wat ons gebruik vir bewuste redenering.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. Statien verlaag cholesterol ...

Seksualiteit is deel van ons fisieke en emosionele welstand, tog is vroue dikwels skaam om met hulle dokter hieroor te gesels. Seks is iets waaroor ...

Scroll to Top