Melissa-Swart

Persoonlike groei slyp jou vir jóú bediening

Jou bediening maak saak. MELISSA SWART het tydens die Vroue wat glo–retreat beklemtoon om die regte fokus te behou as dit kom by jou hart, tyd en energie.

Jou gawes en talente pas by jou roeping in

Dit is nie altyd die lekkerste ding om deur persoonlike slyping te moet gaan nie of om partykeer ’n bietjie swaar te moet kry nie.

Dit is dalk nie altyd so vreeslik lekker nie, máár ek het gesien deur die loop van my lewe dat dit een van die belangrikste ...

Jou bediening maak saak. MELISSA SWART het tydens die Vroue wat glo–retreat beklemtoon om die regte fokus te behou as dit kom by jou hart, tyd en energie.

Jou gawes en talente pas by jou roeping in

Dit is nie altyd die lekkerste ding om deur persoonlike slyping te moet gaan nie of om partykeer ’n bietjie swaar te moet kry nie.

Dit is dalk nie altyd so vreeslik lekker nie, máár ek het gesien deur die loop van my lewe dat dit een van die belangrikste goed is wat regtig ’n dieper karakter by jou ontwikkel.

Die moeilike tye leer jou lesse en gee vir jou wysheid!

Daar is ’n paar praktiese goed wat jy kan gebruik en toepas om jou werklik na ’n nuwe vlak te vat binne-in jou bediening.

Die belangrikste is om jou roeping duidelik te definieer. Dit is die sleutel tot enige bediening of enige besigheid.

Jou sukses hang af van hoe duidelik jy jou roeping kan definieer.

Maak tyd en vra: Hoekom is ek hier? Waar wil ek ’n verskil maak? Wat is my gawes en my talente? En waar pas my spesifieke gawes en talente in? Hoe komplementeer dit my roeping?

Ek het verskriklik jonk in ’n rigting in begin stap en geglo ek weet wat my bediening is en wat ek wil doen. Ek was maar 13 jaar oud toe ek begin om worship en aanbidding by Moreletapark-gemeente te lei.

Dit was iets waaroor ek so passievol was. En omdat ek so passievol was, het my rasionele kant partykeer die back seat gevat.

Ek het geglo ek weet alles en ek is die heel beste. Niemand kon my enigiets leer nie, want ek kan mooi sing en ek lei aanbidding by Moreletapark.

Nooit het ek gaan sit en baie duidelik vir myself gaan skryf wat my roeping is nie. Hoe pas my gawes en my talente by my roeping in?

Hier is die kruks: Ons as vroue wat ’n verhouding met God het, sukkel baiekeer om die verskil tussen roeping en gawes te verstaan. Dit is waar baie vroue, en baie mense in die algemeen, die pot missit.

Dien die Here met jou unieke gawe

As iemand vir my as jong meisie gevra het: Wat is jou roeping? Het ek gesê: My roeping is om te sing.

Nee. My gawe is om te sing, maar dit is nie my roeping nie.

As jy nie jou roeping duidelik kan definieer nie, dan gaan jou bediening nie die regte impak maak nie.

In Matteus 28:19-20 (Die Nuwe Nuwe Testament) lees ons: “Gaan nou die hele wêreld in en nooi al die mense uit om my volgelinge en dissipels te word … Leer hulle alles wat Ek julle geleer het en oortuig hulle om daarvolgens te leef …”

Net daar kom gee die Here vir ons ons roeping op ’n silwer skinkbord. Jy hoef dit nie uit te figure nie. Jy hoef nie op ’n groot ontdekkingsreis te gaan nie. Jy hoef nie te vra nie: Wat is my roeping, Here?

Hoe wonderlik is dit om te weet dat dit die basis van ’n gemeenskap van Goddelike vroue is. Dat ons daardie roepings-basis deel.

Dit maak nie saak hoe verskillend ons is nie. Dit maak nie saak van watter areas ons kom nie. Ons deel dieselfde basis vir ons roeping.

In daardie beginsel het ons hierdie wonderlike band wat ons saambind. Ons kan mekaar ondersteun in dit.

As ek glo in my roeping en my verantwoordelikheid om die Woord na die nasies te vat, dan kan ek glo in jou verantwoordelikheid en jou roeping om die Woord na die nasies toe te vat.
Wat is my gawe?

Die gawe is hoe jy jou roeping vervul.

Dit is waar ons almal uitspat in verskillende windrigtings. Waar die vrou langs jou nie dieselfde mense gaan bereik as jy nie.

Elkeen van ons se gawes is uniek.

Deel die artikel

Méér artikels

Geloof kan jou help herstel en nuut begin, maak nie saak hoe diep jou seer of wond is nie. SUNÉ–CHARI SUTTON, bedieningsleier by Doxa Deo, ...

MELISSA VAN BILJON het tydens die Vroue wat glo-retreat vertel dat almal unieke uitdagings het om te trotseer. Kom leer hoe jy jou roeping kan ...

Scroll to Top