Serahni Symington

Portuurdruk begin vroeër as wat jy dink

In vandag se samelewing begin portuurdruk reeds baie vroeg. Ons kinders begin gou agterkom dat ander kinders sekere goed op bepaalde maniere doen, en het.

Hulle word blootgestel aan materialistiese goed wat ander mense het. Speelgoed waarmee maatjies speel wat hulle nooit eens van kon droom of aan dink nie.

Selfs ouers ervaar van hierdie groepsdruk. Mammas meet hulleself aan ander mammas … pappas aan ander pappas.

Ons begin mekaar se doen en late volg sodat ons weet wat die aanvaarbare sosiale reëls vir my driejarige se partytjie is. Óf die aanvaarbare sosiale reël vir wat om te koop vir ’n Kersfeesgeskenk.

Deesdae vra selfs ’n ses-, sewe- of agtjarige vir die nuutste tablet of ’n selfoon. Alles verander soos ons sosiale sisteme, ons wêreld, verander. Maar hoe hanteer ons hierdie groepsdruk wat reeds so vroeg begin?

Ons as familie moet ons waardes kan verwoord. Ons moet kan sê hierdie is vir ons belangrik – ons gesin, ons liefde en respek vir mekaar.

Hierdie dinge is vir ons belangriker as die goedjies … die ditjies en die datjies. Wanneer ons ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Gesinsvergaderings hou soveel voordele in. Kinders leer om hulle stem te laat hoor en dit ontwikkel ook ’n gevoel van samehorigheid binne die gesin. Gesinspret ...

Jy geniet jou werk, maar soms word jy oorweldig deur skuldgevoelens omdat dit vir jou voel jy loop spesiale oomblikke saam met jou gesin mis. ...

Scroll to Top