Lizanne du Plessis

Om saam pret te hê as gesin

Vra enige ma hoe dit gaan en jy kry waarskynlik die antwoord: “Dit gaan goed, net besig.” Die prestasiegedrewe kultuur laat min tyd oor vir pret.

Maak tyd vir wat vir julle plesier bring

Die eise van die lewe vandag is enorm. Is daar nog tyd in jou dag om te stop, rustig te raak en jou
kind te kielie of ’n drukkie te gee? Of om sommer net iets spontaan buite die gewone dagroetine te doen?

Daar is ’n verskil tussen produktief wees en sommer net pret hê. Daar is soveel druk op kinders om elke dag produktief te wees en die meeste uit die dag te haal dat dit maklik is om die kuns te verleer om net te wees.

Dis is belangrik om pret te hê en om plesier en lag in ons huise te bring, want wanneer ons iets geniet, word die “voelgoedhormone”, serotonien en endorfiene, in ons brein afgeskei.

Vir sommige van ons is dit makliker om sommer net ’n luilekker dag saam te hê. Vir ander ouers is dit harder werk, en hulle sal ’n klomp ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Gesinsvergaderings hou soveel voordele in. Kinders leer om hulle stem te laat hoor en dit ontwikkel ook ’n gevoel van samehorigheid binne die gesin. Gesinspret ...

Jy geniet jou werk, maar soms word jy oorweldig deur skuldgevoelens omdat dit vir jou voel jy loop spesiale oomblikke saam met jou gesin mis. ...

Scroll to Top