![Lizanne du Plessis](https://voelgoed.co.za/wp-content/uploads/2023/05/Lizanne_Mentor_Oudio_Video-1024x536.webp)
Verstaan jou kind en bevorder sy sterk punte
Jou kind word gebore met ’n unieke temperament – die manier waarop hy die wêreld ervaar en daarop reageer. Dis so eie aan hom soos sy vingerafdrukke.
Elke kind het sy eie unieke temperament
Party kinders is sosiale vlinders en op en wakker, terwyl ander rustig, bedaard en aanpasbaar is. Hulle gedrag wys wat lekker is en wat nie, en waar hulle talente en sterk punte lê.
As ouers moet ons soos “speurders” optree: wag, kyk en wonder – jou kind sal jou gou wys wie hy werklik is.
Die kinders wat sensitief en fyn ingestel is op mense en die wêreld, word byvoorbeeld maklik oorlaai in hierdie besige en raserige wêreld. Ek vergelyk hierdie kinders met krimpvarkies.
As dinge te veel raak, soos die geraas in ’n winkelsentrum of ’n ander kind wat stamperig raak, is die reaksie net soos dié van ’n krimpvarkie. Hulle sal óf in ’n klein bolletjie opkrul en die omgewing vermy, óf stekels uitskiet en aggressief raak wanneer dinge oorweldigend raak.
Ander kinders kan weer baie meer geraas en beweging hanteer. Hulle ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Jou en jou kind se persoonlikhede verskil heeltemal. Onthou om die kind groot te maak wat jy het, nie die kind wat jy wou wees ...
Sal jou kind eerder honger gaan slaap as om kos te eet waarvan hy nie hou nie? Gelukkig is daar hoop vir sulke eiesinnigheid. Weet ...