Serahni Symington

Leer om mekaar se persoonlikhede te verstaan

Ons het almal verskillende persoonlikhede. Wanneer ons mekaar se persoonlikheid soms nie so lekker verstaan nie, kom daar konflik in die huis tussen mamma en pappa, of tussen kinders en ouers

Verskillende persoonlikhede en temperamente onder een dak, gaan waarskynlik soms tot konflik lei.

Daar word gesê dat persoonlikheidjies tussen die ouderdom van twee of drie jaar begin kop uitsteek. As ’n mens kyk na persoonlikhede, word daar gepraat van vyf groot persoonlikheidstipes: Openheid, pligsgetrouheid, emosie, ooreenstemming en neurotisme.

Dit is basies hoe jy met die wêreld omgaan. Hoe oop is jy vir verandering? Hoe pligsgetrou is jy? Hou jy daarvan om dieselfde te wees, voorspelbaar te wees, roetines te hê? Is jy iemand wat baie emosioneel is, gematig of glad nie gepla nie? En hoe neuroties is jy? Flambojant of rustig en kalm?

As jy en jou kind op elkeen van hierdie gebiede verskil, is dit heel moontlik dat dit soms tot konflik kan lei.

Dit is daarom belangrik dat ons met mekaar gesels oor ons behoeftes en begeertes. Só bou ons verhoudings. Wanneer ons verstaan dat ons uniek en anders is, ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!