Lizanne du Plessis

Om jou kind se verbeelding van jongs af aan te wakker

Verbeelding – die woord klink opwindend en kreatief. Dit neem ’n mens terug na daardie sorgvrye kinderdae toe jy die prinses was en ’n weelderige paleis gebly het.

Al stimuleer tegnologie soos iPads, slimfone en rekenaars kinders op nuwe maniere, ontneem dit hulle tog die vryheid om in hulle eie verbeeldingswêreld te leef en te speel. Los jou kind met klippies en stokke alleen in die agterplaas en hy bou ’n spoghuis daarmee.

Die waarde van fantasie en ’n ryk verbeelding lê daarin dat dit kinders help om orde uit die chaos van die lewe te skep. Fantasie gee jou ’n manier om sin te maak van dit wat gebeur, met ander woorde, dit ontwikkel kreatiewe vaardighede.

Verbeelding help jou om sin te maak van die wêreld

Die beroemde wetenskaplike Albert Einstein het gesê: “Verbeelding is belangriker as kennis.”

Kinders moet hulle verbeelding kan gebruik as hulle speel. Dis wonderlik as hulle hulle kan verbeel dat hulle vlieg, kan verdwyn of op die maan bly. Dit is ’n manier om meer oor die wêreld rondom hulle te wete te kom.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Help jou kind om selfvertroue te bou wat nie aan prestasie gekoppel is nie. Wys jou kind hoe om eiewaarde te vind in wie hulle ...

Diepgaande geselsies is leer- en groeitye vir almal in die huis. Hierdeur word ouers dinge wys oor wat in hulle kroos se koppe en harte ...

Scroll to Top