Los die werkende ma-skuldgevoel! Serahni Symington

Motiveer jou kind sonder om te karring

Motivering is iets waaroor mammas baie wonder. Daar is ’n fyn lyn tussen gesonde motivering en ’n mamma wat neul.

Wanneer dit by motivering kom, is mammas nie altyd seker hoeveel druk hulle moet toepas nie, en of hulle selfs moet?

Die interne lokus van kontrole is motivering wat uit myself kom. Dit is ék wat goed laat gebeur.

Byvoorbeeld, ek het hard geleer vir my toets; daarom het ek goeie punte gekry. Die motivering kom uit myself uit, ek bepaal die uitkoms.

Eksterne lokus van ...

Eksterne lokus van kontrole is daai worteltjie voor die neus … iets wat ons aanmoedig. Dit was nie eintlik ek wat dit gedoen het nie, iets het my gemotiveer. Miskien was dit mense wat my ondersteun het. Miskien was dit ’n groot beloning aan die einde.

Die ideaal sou wees as ons almal net kon opstaan met eksterne lokusse van kontrole, maar dit werk ongelukkig nie só nie. Veral nie wanneer dit takies is waarvan ons nie aldag hou nie.

Daarom moet daar balans wees tussen die twee – die een moet gebruik word om die ander een te ontwikkel.

Praat met jou kinders om hulle doelwitte vas te stel, dan kan jy saam daaraan werk en is die doelwit ons s’n. Wanneer ons saamstaan, is die motivering lekker.

Deel die artikel

Méér artikels

Help jou kind om selfvertroue te bou wat nie aan prestasie gekoppel is nie. Wys jou kind hoe om eiewaarde te vind in wie hulle ...

Diepgaande geselsies is leer- en groeitye vir almal in die huis. Hierdeur word ouers dinge wys oor wat in hulle kroos se koppe en harte ...

Scroll to Top