Slim ma’s maak óók foute
- Oulike ma
- Artikel: Annemie Scheepers
Jy en skuldgevoelens oor jou kinders is dalk al ou vriende. Wees gerus, selfs mense met baie kennis oor kinderopvoeding maak soms ’n blaps.
Opvoeding van jou kinders is nie altyd foutloos nie
Soos enige ouer het jy dalk al gewens jy was ’n onderwyseres of ’n sielkundige, dan was kinders grootmaak miskien makliker.
Elke ma voel soms so. Tog moet selfs die “slim” ma’s erken dat die opvoeding van hulle eie kinders nie altyd foutloos is nie.
As jy ’n ma is wat jouself elke dag verwyt oor die foute wat jy met jou kinders maak, kan jy weet jy is in goeie geselskap. Selfs die slimste ma’s begaan dom foute. Gelukkig is dit uit ons foute dat ons die belangrikste lesse leer.
Moenie in sak en as gaan sit omdat julle al wéér baklei het nie. Geen ouer is perfek nie!
Jou dogter het dalk met ’n paar vriendinne by die huis aangekom wat nie aan jou lang lys van verwagtings voldoen nie. Jy het haar verbied om hulle weer te sien en onmiddellik het dit ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis heeltemal natuurlik dat jy jou kinders in ’n glaskas sou wou sit om hulle teen die lewe te beskerm. Tog móét hulle vir noodsituasies ...
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...