Soek en lei ’n kwaliteit lewe
- Werk
- Liesel Krause-Wiid
Ek het deur die jare ’n paar kosbare lesse geleer wat my help om, ten spyte van ’n besige lewe, ’n kwaliteit lewe te lei. Ek deel dit graag met jou.
God gee rus ten spyte van ’n gejaagde lewe
’n Fotograaf was eenkeer besig om skoolfoto’s van Graad Eentjies te neem. “Wat gaan jy wees as jy groot is?” vra hy vir ’n dogtertjie. “Moeg!” antwoord sy. Sy het hoogs waarskynlik die woorde gereeld by haar ouers en ander grootmense gehoor.
Ja, baie mense sê hulle kan nie meer die pas waarteen ons vandag leef, volhou nie; hulle voel uitgebrand en is moeg vir besigwees. Ek worstel self steeds met die besigwees-monster.
Jesus sê: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matteus 11:28). Hy sê nie Hy gaan al ons probleme laat verdwyn nie, nee, Hy gee ware rus ten spyte van ’n gejaagde lewe. By Hom vind ek kalmte in my binneste al het ek baie hooi op my vurk.
Het jy geweet die term burnout beteken letterlik “om sonder ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sukses het niks met potensiaal of lucky breaks te doen nie, maar alles met die hoeveelheid tyd wat jy spandeer met dié vir wie jy ...
Een van ons grootste struikelblokke in die lewe is konfrontasie, en dit bloot omdat ons “die vrede wil bewaar”. Ons loop op eiers oor kwessies ...