Sorg mooi vir jou voete

Sorg mooi vir jou voete 

Die gemiddelde persoon stap elke dag ongeveer 7 500 treë. Dit verklaar waarom ons arme voete soms ’n bietjie verwaarloos lyk. 

Mooi voete verg gereelde, liefdevolle sorg. ’n Professionele pedikuur is die ideaal, maar daar is heelwat wat jy self kan doen om skurwe of gebarste hakke, eelte en droë vel te voorkom.

Die beste tyd vir ’n pamperlang is na ’n warm bad of stort as die vel sag is. Jy kan ook ’n voetspa gebruik met ’n paar druppels omega 3-olie, badsout of essensiële olie in die water gemeng. Week jou voete vir ongeveer 15 minute.

’n Goeie voetskrop raak van dooie velletjies ontslae. Droog jou voete eers af sodat die skrop meer effektief kan werk en vryf daarmee oor die voetsole. Vir die harder vel aan jou hakskene en op die bal van jou voete kan jy ’n voetvyl gebruik.

Wees versigtig om dit nie te oordoen nie anders gaan die vel baie sensitief en rooi wees. Al wat jy wil doen, is om die dooie selletjies af te skrop.

Gebarste hakke is die gevolg van te min vog in ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Trots op jou nuwe lyfprentjie? ’n Bietjie moeite kan verseker dat jou tatoeëermerk vinnig gesond word en so lank moontlik mooi bly. Indien jy met ...

Selluliet beteken nie dat ’n mens oorgewig is nie. Verskeie faktore, soos vetselle, bloedsomloop en bindweefsel speel ’n rol. Ons bindweefsel bestaan meestal uit kollageen ...

Scroll to Top