Te midde van chaos is God steeds in beheer

Te midde van chaos is God steeds in beheer

Die einde van ons lewe hier op aarde is nog lank nie die finale einde nie. En daarin lê CHRIS CHAMELEON se eintlike troos en hoop. 

Vasgevang in vreesaanjaende vuur en chaos  

Ek stap buitentoe om die vars aandlug diep in my longe in te asem. Ek is waar ek wil wees: Hier op my plaas tussen die berge en die beeste. Dis toe ek opkyk dat ek die rooi gloed in die verte sien en besef dat dit ’n veldbrand is …

Ek moet gaan help. ...

Die einde van ons lewe hier op aarde is nog lank nie die finale einde nie. En daarin lê CHRIS CHAMELEON se eintlike troos en hoop. 

Vasgevang in vreesaanjaende vuur en chaos  

Ek stap buitentoe om die vars aandlug diep in my longe in te asem. Ek is waar ek wil wees: Hier op my plaas tussen die berge en die beeste. Dis toe ek opkyk dat ek die rooi gloed in die verte sien en besef dat dit ’n veldbrand is …

Ek moet gaan help. Toe ek naderkom, sien ek dat die vuur in volle swang is. Die oomblik toe ek uit my bakkie klim, word ek deur ’n vreesaanjaende chaos getref.

Daar staan nóg ’n bakkie, sien ek. My buurman, Dirk van Niekerk. “Daar’s vee wat teen die grensdraad vasgekeer is!” roep hy. “Hulle gaan brand as ons nie iets doen nie!”

Daar is net een oplossing – ons moet die draad sny, die vee uit die pad van die vlamme kry. Gelukkig het Dirk ’n tang by hom.

Daar is baie diere, sien ek. Ek skree my longe uit op die vee: “Wha! Sjoe! Soontoe. Move!”

My stem raak weg in die geweldige wind en die honger vlamme wat genadeloos voortspoed.

“Chris! Kom terug! Los, dis te gevaarlik!” hoor ek Dirk roep, maar ek kan nie, ek kan nie die diere aan hulle lot oorlaat nie.

Dit sukkel nogal om die eerste bees met groot moeite deur die opening te kry, maar met die tweede een gaan dit makliker. Die derde een het nie veel aansporing nodig nie en die res volg vanself.

Dan sien ek dit – daar is nog beeste in ’n aangrensende kamp.

Vrees vir die dood is heeltemal normaal 

Ek klim oor die draad onder die indruk dat Dirk hier ook die grensdraad sal knip. Hierdie beeste moet tog ook uitgejaag word.

Hierdie keer is dit nie so maklik nie. Ek raak vasgekeer tussen die diere en die verterende vlamme. Om my dwarrel die rook versmorend, die hitte so intens dat ek nie helder kan dink nie. Ek jaag die beeste na waar ek vermoed die opening na veiligheid is, maar hulle gaan nie deur nie, bondel net saam, retireer. Dan besef ek ek beweeg nader aan die vuur, nie andersom nie.

Ek is vasgevang! dink ek doodsbenoud. Die paniek gryp my aan die keel, wurg my. Hulle sê dis ’n pyn soos geen ander, dat dit ’n verskriklike dood is …

Maar dan skop my oorlewingsdrang in. Onlangs nog het ek as spreker filosofies geraak oor die dood. “Die dood,” het ek die gehoor tydens my toespraak herinner, “is een van die voorwaardes van die lewe, ’n onafskeidbare deel daarvan. Jy kan nie daarvan wegkom nie.”

Ek het uit 1 Korintiërs 15 vers 55 aangehaal: “Dood, waar is jou angel?” Geloof gee krag en ek glo dat die einde van ons lewe hier op aarde nog lank nie die finale einde is nie. Daarin lê ons troos en hoop.

Tog is ’n mens se vrees vir die dood inherent deel van jou en jy vlug instinktief daarvan af weg met alles in jou.

Ek moet my asem ophou en in aller yl voor die vlamme uitvlug, besef ek.

Om gered te word gebeur deur blote genade 

Met groot genade trap ek nie in ’n gat nie, struikel ek nie, of val ek my nie katswink nie. Dan sien ek Dirk se bakkie voor my en spring in. Ek moes helaas die beeste in die tweede kamp aan hul lot oorlaat. 

Later sou ek hoor dat Dirk, wat meer ervaring het, besef het dit raak lewensgevaarlik om langer daar te bly. Hy’t die veld ingejaag waar dit veiliger sou wees, op soek na my, sonder om te besef ek is terug om die tweede kamp vee te probeer uitjaag. Later is hy terug pad toe met sy bakkie, nog steeds sonder om te weet waar ek is. Dit was blote genade wat ons bymekaar uitgebring het.  

Daar het beeste doodgebrand, ja. In die helder sonskyn van die nuwe dag sal die verskroeide veld besaai lê van die karkasse, ’n ontstellende en hartseer gesig. Die reuk van rook en die reuk van dood sal in die lug hang. Getuienis van die ontsetting wat saam met so ’n veldbrand gaan, die donker spoor van die dood wat deur so ’n inferno nagelaat word.  

Die beeste wat nie dood is nie, sal staan en bulk van die pyn. Hulle sal uit hul lyding verlos moet word – ’n hartverskeurende taak vir enige boer. Die skade sal bereken word, maar hoe sit jy ’n prys op die smart wat daarmee saamgaan, die trauma vir mens en dier?  

Ek voel klein en magteloos teen die geweld om my, maar tog weet ek dat God nog steeds in beheer is. Selfs in ’n vuur wat soos ’n veldbrand versprei. 

Deel die artikel

Méér artikels

As jong meisie het sangeres en TV–aanbieder ROUCHELLE LIEDEMANN se swak selfbeeld haar lank gekeer om haar drome uit te leef. Vandag leef sy in ...

SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak. ...

Scroll to Top