
Tyd vir gesels met jou kind
- Ouerskap MENTOR
- Lizanne du Plessis
Diepgaande geselsies is leer- en groeitye vir almal in die huis. Hierdeur word ouers dinge wys oor wat in hulle kroos se koppe en harte aangaan.
Praat met mekaar al is die omstandighede ongunstig
Gesprekvoering is soos ’n tennisspel. Die bal word oor die net geslaan, van die een speler na die ander met ’n spesifieke ritme. Daardie ritme is iets wat aangeleer kan word.
Om te gesels kan moeilik wees as die tydsberekening swak is. Op daardie oomblik wat jy ’n duisend dinge het om te doen of moeg is na ’n lang dag, wil jou kind dalk ’n hart-tot-hart gesprek hê. Dalk vra hy moeilike vrae en is jy nie seker hoe om dit te antwoord nie.
Kinders se brein, emosies, opinies en uitkyk op die wêreld word deur gesprekke gevorm. Of ons nou oor die gevare van ’n haelstorm of die bedelaar op die straathoek gesels, jou kind se denke en vaardighede, soos empatie en probleemoplossing, ontwikkel. Dit help ook om karakter te bou as julle verskillende waardes en opinies bespreek.
Die soort gesprek wat julle voer, gaan ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Jou en jou kind se persoonlikhede verskil heeltemal. Onthou om die kind groot te maak wat jy het, nie die kind wat jy wou wees ...
Sal jou kind eerder honger gaan slaap as om kos te eet waarvan hy nie hou nie? Gelukkig is daar hoop vir sulke eiesinnigheid. Weet ...