
Uittreksel uit Die jare tussen ons deur Jozine Botha
- Boek-uittreksels
- Luca
Hierdie inspirerende liefdesroman is ’n hartroerende storie oor geloof, hoop & tweede kanse. Die verhaal handel oor verslawing, ontvlugting en versoening, en herinner lesers dat ware liefde en vergifnis ’n nuwe begin kan bring.
Die Here is naby dié wat hartseer is.
Hy help hulle wat geestelik stukkend is.
(Ps. 34:19, NLV)
2022
Elaine sit op haar hurke langs Ben van Staden se graf en kyk met haat en woede na die eenvoudige grafsteen wat sy ouers vir hom laat oprig het. Hy verdien dit nie. Sy sug en wens vir die soveelste keer dat sy hom kon vergewe. Agtien maande het reeds verloop vandat Ben oorlede is, tog voel dit vir haar soos gister. Sy kom moeisaam orent en staar oor die begraafplaas uit. Die plek is vervalle. Die gras wat nog plek-plek groei, is lank en oral het onkruid die grafte oorgeneem. Dit laat haar nogal aan haar eie lewe dink … ’n lewe vol onkruid.
Dit is besonder warm en Elaine voel hoe die sweet oor haar gesig uitslaan. Sy vee dit ongeërg af en loop terug na haar motor toe. Hoekom kom sy nog hierheen? Sy klim in die motor en skakel ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Drie vriendinne, een hospitaal en hope intrige. Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler is ’n boeiende hospitaalroman vol opwinding en deernis met lewensgetroue karakters. Die verhaal ...