
Uittreksel uit Die huis op die hoek deur Madeleine Louw Blignault
- Boek-uittreksels
- Madeleine Louw Blignault
Die huis op die hoek is ’n boeiende historiese roman wat die leser na ’n ander tyd, kultuur en omgewing wegvoer.
Voor sononder is haar pa en Daniela terug met hulle baba, Salome. Hulle groet vlugtig, so in die verbyloop.
Die rabbi dra ’n slapende Salome kamer toe en sit haar in die bababedjie. Daniela se donker vlegsel hang oor haar regterskouer. Sy druk dit agtertoe sodat sy gemaklik kan werk. Dan krap sy in die kombuis rond. Sy sit vir aandete van vanmiddag se koue vleis en slaai wat Helen ingepak het, voor.
Leah sit in haar kamer en tob. Dié huis van haar pa het sy eie siel en kultuur. Net soos elke huis ’n eie geselspatroon het. Boere kom nie los van die hoop op reën en geen siektes onder die skape nie. Daarteenoor het haar pa se huis ’n
akademiese fokus. Dis hulle leefstyl. As ’n gesin van navorsers in godsdienstige studies redeneer hulle gedurig oor beter vertalings en begrippe. Dis juis hierdie rondkrap en koppe stamp wat soms diepsinnige lewenswaarhede openbaar. Skatkamers van kennis. Maar dit kan ook anders uitdraai. Veral ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Woestynblom deur Kristel Loots is ’n deernisvolle verhaal oor ’n vrou se soeke na liefde, vryheid en selfaanvaarding. Isabella staan ’n paar oomblikke voor die ...
Hierdie inspirerende liefdesroman is ’n hartroerende storie oor geloof, hoop & tweede kanse. Die verhaal handel oor verslawing, ontvlugting en versoening, en herinner lesers dat ...