Verstaan die verskil tussen sensitief en allergies

Verstaan die verskil tussen sensitief en allergies

Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig.

“Sensitief” en “allergies” beskryf veltoestande en nie veltipes nie.

Die belangrikste verskil tussen allergie en sensitiwiteit is dat eersgenoemde ’n immuunstelselreaksie is.

Ander faktore soos stres, moegheid, skok, verkeerde velsorg en blootstelling aan die son, wind, koue of besoedeling kan tot oorgevoeligheid lei.

’n Allergiese reaksie ontstaan wanneer ’n stimulus (allergeen) wat – dikwels verkeer-delik – deur die immuunstelsel as ’n bedreiging beskou word, ’n ...

Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig.

“Sensitief” en “allergies” beskryf veltoestande en nie veltipes nie.

Die belangrikste verskil tussen allergie en sensitiwiteit is dat eersgenoemde ’n immuunstelselreaksie is.

Ander faktore soos stres, moegheid, skok, verkeerde velsorg en blootstelling aan die son, wind, koue of besoedeling kan tot oorgevoeligheid lei.

’n Allergiese reaksie ontstaan wanneer ’n stimulus (allergeen) wat – dikwels verkeer-delik – deur die immuunstelsel as ’n bedreiging beskou word, ’n reaksie veroorsaak.

Dit sluit enigiets in, soos rooiheid, swelling, ’n gejeuk of branderigheid en soms selfs pyn by die kontakpunt.

Mooimaakprodukte wat alkohol, reukmiddels of sterk aktiewe bestanddele bevat, kan soms bydra tot sensitiwiteit of dit vererger.

Wanneer jy ’n allergiese reaksie ondervind, moet jy dadelik soveel moontlik van die produk verwyder. Gebruik net skoon, koue water om mee skoon te maak.

Vermy vir ’n rukkie enige aktiewe bestanddele op die area. Wend Aloe vera of selfs heuning aan om die irritasie te verminder.

Verskeie produkte is spesiaal geformuleer vir ’n hoogs reaktiewe vel. Kies altyd kwaliteitprodukte wat sagwerkend, hipo-allergenies en pH-gebalanseerd is.

Deel die artikel

Méér artikels

Annique Rooibos se betroubare en innoverende velsorg- en gesondheidsprodukte verseker dat elke vrou op haar beste lyk en voel. Jy kan nou ’n ekstra inkomste ...

Annique Rooibos vervaardig rooibosprodukte van hoë gehalte wat jou vel in ’n japtrap vlekkeloos, stralend en jonger sal laat lyk. Velsorg was nog nooit so ...

Scroll to Top