[VIDEO] Praat oor jou angs en depressie
- Self
- Irene-Louise van Wyk
Die sangeres IRENE-LOUISE VAN WYK is iemand wat nog altyd baie oop is oor haar angs en depressie. Sy hoop en wens dat meer mense sal oop wees daaroor.
As jy angs en depressie in jou lewe gehad het, is dit nie iets wat net weggaan nie; dit is iets waarmee jy elke dag lewe en elke dag is anders.
Party dae voel jy great en ander dae sukkel jy om uit die bed te klim, wat baie met my gebeur tot vandag toe.
Daar is dae wat ek nie krag het om uit die bed te klim nie. Ek antwoord niemand nie, ek is nie op my selfoon nie, ek ignoreer basies almal.
Dit is vir my belangrik om daaroor te praat, want toe ek grootgeword het, was daar nie vroue wat hieroor gepraat het nie. Ek weet my ma het ook verskriklik baie gesukkel met depressie en niemand het daaroor gepraat daai tyd nie. Sy kon nie daaroor praat nie, want dit was taboe.
Dit is vir my belangrik vir mense om te weet ek is ook net ’n mens.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Gustav Gous
- Gustav Gous
GUSTAV GOUS se werk weerspieël ’n diep verbintenis om ander te bemagtig. Hy gesels oor gesonde selfstandigheid en hoe om jou toekoms te verbeter. Te ...
Bianca van Rensburg
- Bianca van Rensburg
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...
Gretha Wiid
- Gretha Wiid
Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid.
...