
Voel jy oorweldig? Vind opnuut vrede in jou stiltetyd
- BybelTEMA
- Judy Venter
Omhels stiltetyd! Leer hoe dit jou help om kalmte te vind, selfbewustheid ’n hupstoot te gee en jou te laat fokus op wat werklik saak maak.
Vind perfekte vrede, geluk en begrip in jou stiltetyd
Die doel van jou stiltetyd moet wees om te streef na volmaakte vrede, geluk en begrip. Hiervoor moet jy ontvanklik wees vir nuwe moontlikhede of rigting in jou lewe. Wees gereed om verras te word.
Vergeet van jou skuldgevoelens en die baie moets en moenies en vals verwagtings wat ander mense aan stilwordtyd koppel. Kom met ’n oop gemoed en ’n verwagting. Dít is waaroor stilword gaan.
Om in God se spesiale teenwoordigheid – wat anders is as Godaltyd-by-en-met-ons – te verkeer. Dít is waar ons Hom leer ken. Dít is waar ons daarop kan reken om sy stem te hoor. Dít is waar ons interaksie met Hom beleef.
Ons stilwordtyd is by uitstek ’n geleentheid waar ons eerstehands ervaar dat God uit die hemel neerbuig, ons nadertrek en ons persoonlik aanraak. Dit is hier, in ons stilwordtyd, dat ons God se liefde leer ken. Hiér ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...
“Bucket list” en “You only live once” is gewilde gonswoorde. Maar hoekom? Ons kan niks op aarde misloop waarvoor ons nie in die hemel gaan ...