Wanneer jy dit die minste verwag

Wanneer jy dit die minste verwag

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here.
(Jesaja 55:8)

Vies klim ek maar op die trapmeul een oggend in die gim, omdat die groepklas wat ek gewoonlik bywoon reeds vol is.

So raak ek aan die gesels met ’n vrou wat langs my op die ander trapmeul stap. Ek het haar al baie in die gim gesien en gegroet, maar nog nooit regtig met haar gesels nie. Sy nooi my om saam met haar en ’n paar ander vroue ’n skou by te ...

My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here.
(Jesaja 55:8)

Vies klim ek maar op die trapmeul een oggend in die gim, omdat die groepklas wat ek gewoonlik bywoon reeds vol is.

So raak ek aan die gesels met ’n vrou wat langs my op die ander trapmeul stap. Ek het haar al baie in die gim gesien en gegroet, maar nog nooit regtig met haar gesels nie. Sy nooi my om saam met haar en ’n paar ander vroue ’n skou by te woon en so ontdek ek hierdie pragtige vriendin in haar.

Sy inspireer my op soveel gebiede. Sy is kreatief, sportief, gee nie voor nie, het ’n hart van goud, is lief vir die Here en sommer net ’n opregte, ware omgee-vriendin.

So leer ek daardie oggend, of altans later toe ek terugkyk op daardie oggend, soms ervaar ’n mens die grootste seëninge wanneer jy dit die minste verwag.

Ek was ongelukkig omdat ek nie die groepklas kon bywoon nie, maar dan sou ek nie haar ontmoet het nie, en hierdie groot blessing gemis het.

Nederig besef ek die Here weet altyd die beste. Sê Hy nie ook in sy Woord dat alles ten goede meewerk vir hulle wat Hom liefhet nie?

Nou berus ek my daarby dat alles nie altyd uitwerk soos ek dit graag wil hê nie, en dit is oukei, want die Here weet wat die beste is vir elkeen van ons in ons huidige situasies en seisoene. My gedagtes is nie Syne nie, maar Hy weet altyd die beste.

Dankie, Here, dat U elke liewe situasie sal gebruik om u wil en u doel in my lewe te bereik en dat elke geleentheid deel uitmaak van u groter, meer belangrike prentjie vir my.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top