Wat die Bybel sê oor … Berou
- BybelANTWOORD
- Norma Rossouw uit My één woord
Berou het ’n veel dieper betekenis as om bloot jammer te wees. Die woord beteken ook dat ’n mens anders oor die saak dink.
Wys berou wanneer jy verkeerd opgetree het
In hierdie psalm word Dawid met sy owerspel met Batseba gekonfronteer. Daarby is die verraad teen Urija, haar man, wat later tot dié se dood gelei het. Dawid het besef dat hy ánders oor sy optrede en woorde moet dink. Sy skuld is nie net teenoor Batseba en Urija nie. Dis in die eerste plek teenoor God.
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ’n hart vol ootmoed en BEROU nie gering ag nie, o God (Psalm 51:19).
Hoeveel keer vergeet ons dat ons verkeerde dade nie slegs mense raak nie. Dit het juis ’n direkte invloed op ons verhouding met God.
Dawid wil weer die vreugde van God se teenwoordigheid geniet. Daarvoor is ware berou nodig.
Dis berou waar jou hart gebreek, stukkend geslaan en uitmekaar geskeur is.
Hier lê jou diepste besef dat jy eintlik verlore en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis moeilik om informasie waaraan ons blootgestel word oordeelkundig te gebruik. Wanneer die pad duister voel, onthou: Ons dien ’n God van wysheid. Wysheid is ...
Moenie op jou eie kragte staatmaak nie. Die boodskap uit die Woord vir jou vandag is: nie deur jou eie krag nie, maar deur sy ...