Wat die Bybel sê oor ... hoop

Wat die Bybel sê oor … hoop 

Ons hele lewe word deur hoop gerig. Hoop is die vertroue dat die Here sal, terwyl geloof die oortuiging is dat Hy kan, sê LYNETTE BEER. 

Hoop is geloof in die magtige krag van God 

Hoop is nie om bloot optimisties te wees nie. Optimisme beteken geloof in die potensiaal van mense. Hoop beteken geloof in die almag van God. Hoop is om te vertrou op wat God reeds vermag het, en daarom weer kan. 

“So gaan dit met hulle wat vir God vergeet. Daar is geen ...

Ons hele lewe word deur hoop gerig. Hoop is die vertroue dat die Here sal, terwyl geloof die oortuiging is dat Hy kan, sê LYNETTE BEER. 

Hoop is geloof in die magtige krag van God 

Hoop is nie om bloot optimisties te wees nie. Optimisme beteken geloof in die potensiaal van mense. Hoop beteken geloof in die almag van God. Hoop is om te vertrou op wat God reeds vermag het, en daarom weer kan. 

“So gaan dit met hulle wat vir God vergeet. Daar is geen hoop vir die godlose nie.” (Job 8:13) 

Daar is drie verskillende maniere waarop mense hoop.  

Hopelose hoop: Dit grens aan wensdenkery. Jy kan nie jou lewe op daardie soort hoop bou nie. Dit bied geen sekuriteit nie.  

Hoop met ’n verwagting: Dit is effens sterker as hopelose hoop. Hierdie hoop rus op ’n basis van werklikheid – jy het iets gedoen; dus kan jy iets verwag.  

Hoop met sekerheid: Jy glo jy sal kry waarop jy hoop. Ons weet vir seker ons het die ewige lewe. God het ons daardie geskenk deur Sy Seun gegee.  

Hoop is vir gelowiges ’n lewenskrag. Dit is ook ’n bron van troos vir mense.  

Die hoop op ons hemelse vreugde by God spoor ons aan. Ons gee ons oor dat die Gees ons hart en lewe reinig. Só is ons gereed vir die ewige lewe. Dis beloof deur God wat nie lieg nie. 

Hou aan hoop ongeag jou uitdagings en omstandighede 

Soms maak dit nie saak hoe hard ons bid of hoe lank ons in geloof aanhou nie. Dinge werk net nie vir ons uit soos ons gehoop het nie. 

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romeine 15:13) 

Sommige bid dat hulle huwelike herstel; tog het mense stukkende harte. Ander bid dat kinders tot inkeer kom, maar niks gebeur nie.  

Ons moet egter aanhou bid, sonder ophou. Paulus verwys na God as die God van hoop. Hoop is ’n geskenk van God, met blydskap en vrede die byprodukte.  

Paulus waarsku in 1 Tessalonisense 5:8: “Ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm.”  

Soos die helm die kop beskerm, beskerm hoop die verstand; dus nugter denke. Wanneer jy jou gedagtes op die Woord en God se beloftes vestig, is jy geanker.  

Ons hoor duidelik mense wat met hoop leef. Daar is ’n positiewe ritme in hulle verwagting oor die lewe. Daar is hoop, ongeag uitdagings en hulle omstandighede. 

Leef met moed om jou hoop lewend te hou 

Die uitspraak hieronder was van die koning van Israel. Dit was toe hulle hoofstad, Samaria, deur die vyand beleër is. Uiteindelik het erge hongersnood uitgebreek. 

“Kyk watter ellende het die Here oor ons gebring. Hoe kan ek nog op die Here hoop!” (2 Konings 6:33) 

Die koning het na die profeet Elisa gegaan en moedeloos na hierdie haglike omstandighede verwys. Hierdie koning se omstandighede het groter as sy God geword.  

Wat was Elisa se reaksie? Hy bring nie net hoop nie; hy bring sommer sakke vol. Dit is God se belofte: “Môre hierdie tyd sal ’n mens vir elf gram silwer vyf kilogram meel of nege kilogram gars kom koop, hier in die poort van Samaria” (2 Konings 7:1).  

“Ek het so-o-o gehoop!” Hoe dikwels het dié woorde by jou opgekom? Gehoop op ’n uitkoms, maar niks het gebeur nie. Leer om met moed te leef.  

Jy skep moed om te oorleef en om die hoop in jou hart lewend te hou. Sulke moed laat jou nie na jou omstandighede kyk nie. Jy glo nie sommer wat ander oor jou en jou toekoms sê nie.  

Jy gaan hoor eerder wat die Woord van die Here sê. In Sy beloftes lê die hoop vir jou toekoms. 

Deel die artikel

Méér artikels

Elke dag bring nuwe genade. Om te weet dat ek níks verdien nie, maar álles het, is God se vrye guns vir my lewe. Dit ...

Geduld is ’n Goddelike krag. Geduld gee ’n mens die vermoë om probleme of swaarkry te verduur, sonder om angstig of geïrriteerd daarmee te raak. ...

Scroll to Top