Wees bewus van wat jy eet

Wees bewus van wat jy eet 

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. 

As jy die woord dieet hoor, dink jy aan maaltydplanne, porsies weeg en meet, en lysies met verbode opsies. Dit is moeite om te “dieet”.

Om te dink oor wat jy eet behels meer as om net bewus te wees van wat jy eet. Dit vereis ’n teenwoordigheid in die oomblik.

Ons eet maklik in die verbygaan. Dit wat op die kinders se borde oorbly. Of by ons lessenaar ...

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. 

As jy die woord dieet hoor, dink jy aan maaltydplanne, porsies weeg en meet, en lysies met verbode opsies. Dit is moeite om te “dieet”.

Om te dink oor wat jy eet behels meer as om net bewus te wees van wat jy eet. Dit vereis ’n teenwoordigheid in die oomblik.

Ons eet maklik in die verbygaan. Dit wat op die kinders se borde oorbly. Of by ons lessenaar terwyl ons gou die laaste e-posse stuur.

Later glo jy jy het heeldag niks geëet nie, maar eintlik het jy vergeet omdat jy nie bewus was van wat jy geëet het nie. Navorsing wys ons vergeet tot 30% van wat ons elke dag eet. Amper ’n hele maaltyd!

Wanneer jy eet, moet jy dit met ’n doel doen. Weet wat die doel is – is dit om beter te voel ná ’n lang dag of omdat jy honger is?

Jy moet besef wat jy eet, hoekom jy dit eet en dit wat jy eet – kleure, tekstuur, smaak en reuk – volkome waarneem. As jy ’n maaltyd met al jou sintuie ervaar, sal jy dit beter onthou.

So, hoe leer ek myself om meer mindful te eet?

Neem ’n wilsbesluit om te dink oor wat jy eet en vra vir jouself …

Hoekom eet ek? Is ek honger? Verveeld? Moeg? Is ek emosioneel gedreineer, of buite beheer?

Jy hoef nie die antwoord te oordeel nie. Die eerste stap is om bewus te wees dat jy iets in jou mond sit en te weet hoekom jy dit doen.

Deel die artikel

Méér artikels

Wil jy graag effektief verslank, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dieetkundige AN DU PLESSIS verduidelik wat bedoel word met ’n goeie ...

Ons weet nie altyd regtig wát ons eet nie. Die oplossing is om wanneer ons koop, produketikette versigtig te bestudeer en bestanddeelkodes te ontleed. Daar ...

Scroll to Top