Vermy kitsdiëte en foefies om maer te word

Vermy kitsdiëte en foefies om maer te word

Om gewig te verloor en dit af te hou is baie meer werd as die eetplan teen die yskas. Vra jouself: Kan hierdie manier van eet ’n leefstyl word?

Om die plan op die lang termyn te laat slaag, moet dit aanpasbaar wees. Dit moet jou alledaagse omstandighede in ag neem – hoeveel tyd jy het vir beplanning, inkopies en voorbereiding van maaltye. Is jy ’n alleenloper, ’n besige mamma of iemand wat gereeld reis? Wat is jou voedselafkeure, -intoleransie of -allergieë, jou metabolisme en aktiwiteitsvlak?

Vir volhoubare gewigsverlies kies gebalanseerd en hou dit eenvoudig. Oorweeg bekombare en bekostigbare opsies wat vir jou en jou gesin kan werk. Groente behoort die grootste deel – min of meer die helfte – van elke ete te vorm.

Drink 250 ml water vir elke 10 kg liggaamsgewig. Luister na jou liggaam se honger- en versadigingseine en respekteer die behoefte aan energie. Indien nodig, kan jy tussenin aan ongeprosesseerde kos soos vrugte, ’n handjievol rou neute of natuurlike jogurt peusel.

Stap of oefen vir minstens 30 minute drie keer ’n week. Vermeerder dit geleidelik na 150 minute. Geen towerstaffie kan ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!