Wees bewus van wat jy eet

Wees bewus van wat jy eet 

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. 

As jy die woord dieet hoor, dink jy aan maaltydplanne, porsies weeg en meet, en lysies met verbode opsies. Dit is moeite om te “dieet”.

Om te dink oor wat jy eet behels meer as om net bewus te wees van wat jy eet. Dit vereis ’n teenwoordigheid in die oomblik.

Ons eet maklik in die verbygaan. Dit wat op die kinders se borde oorbly. Of by ons lessenaar terwyl ons gou die laaste e-posse stuur.

Later glo jy jy het heeldag niks geëet nie, maar eintlik het jy vergeet omdat jy nie bewus was van wat jy geëet het nie. Navorsing wys ons vergeet tot 30% van wat ons elke dag eet. Amper ’n hele maaltyd!

Wanneer jy eet, moet jy dit met ’n doel doen. Weet wat die doel is – is dit om beter te voel ná ’n lang dag of omdat jy honger is?

Jy moet besef wat jy eet, hoekom jy dit eet en dit ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Slender Wonder-program kan jou help om gewig te verloor en jou algehele gesondheid te verbeter. Met kundige ondersteuning en ’n holistiese benadering kan jy ...

Mindful eating behels die bewustheid van wat en hoekom jy op ’n gegewe tyd eet, sonder om die rede of emosie te oordeel. Daar is ...

Scroll to Top