Lynette Beer [oudio+video]

Lynette Beer – Wees dankbaar en tevrede

Ons moes almal al teleurstellings en onregverdige situasies hanteer. Die uitdaging is om te keer dat bitterheid in ons hart kom nesmaak deur te fokus op dit wat goed is in ons lewe.

Studies het bewys dat tevredenheid met wat ons het, direk verband hou met ons welstand. Die programmering van die brein kan mettertyd verander word deur dankbaarheid te beoefen. Hierdie gesindheid kan, net soos enige ander vaardigheid, aangeleer word.

Daar sal altyd mense wees wat kla. Die lewe is dalk nie perfek nie, maar ons elkeen het baie om te waardeer.

Kies vandag doelbewus om met vergenoegdheid te leef. Maak dit ’n gewoonte om gereeld dankie te sê vir al jou seëninge. As jy jou tyd en aandag eerder bestee aan dit wat jy het, sal jy altyd meer hê.

Vir meer inhoud van Lynette Beer kliek hier:
Artikels, Video's en Oudio's
#SkoolVanDieLewe Podsending

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Ons bly soms stilstaan by wie ons was. Ons laat ons nie toe om te groei nie. Maar soos die tyd verbygaan en ’n mens ...

Scroll to Top