Lynette Beer – Wees dankbaar en tevrede
- Self MENTORS
- Lynette Beer
Ons moes almal al teleurstellings en onregverdige situasies hanteer. Die uitdaging is om te keer dat bitterheid in ons hart kom nesmaak deur te fokus op dit wat goed is in ons lewe.
Studies het bewys dat tevredenheid met wat ons het, direk verband hou met ons welstand. Die programmering van die brein kan mettertyd verander word deur dankbaarheid te beoefen. Hierdie gesindheid kan, net soos enige ander vaardigheid, aangeleer word.
Daar sal altyd mense wees wat kla. Die lewe is dalk nie perfek nie, maar ons elkeen het baie om te waardeer.
Kies vandag doelbewus om met vergenoegdheid te leef. Maak dit ’n gewoonte om gereeld dankie te sê vir al jou seëninge. As jy jou tyd en aandag eerder bestee aan dit wat jy het, sal jy altyd meer hê.
Vir meer inhoud van Lynette Beer kliek hier:
Artikels, Video's en Oudio's
#SkoolVanDieLewe Podsending
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die grootste geskenk wat ek deur Francois se dood gekry het, is die bevestiging van God se bestaan. Die tekens was duidelik. Bly glo in ...
Voel jy jy kan net nie meer byhou nie, omdat jy te besig is? Ongelukkig? Dit is belangrik dat ons positief moet wees ten spyte ...