Lizanne du Plessis

Help! My kinders verskil

Net een deksel pas perfek op een spesifieke pot, ongeag hoe hard jy druk of hoe eenders die deksels lyk. Dieselfde is waar van ons kinders.

Ek wonder dikwels hoe dit moontlik is dat twee kinders met dieselfde pa en ma en wat in dieselfde huis grootword, soos dag en nag kan verskil.

Dawid beskryf dit mooi in Psalm 139 waar hy sê: “U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.” Wat ’n fantastiese beeld van hoe ons elkeen uniek gemaak is.

Net soos elke potjie sy eie deksel het wat presies pas, so moet ouers elke kind anders benader, hanteer en dissiplineer.

Elke optrede gee ’n leidraad

Dit is makliker gesê as gedaan. Ons bloedjies word tog nie gebore met ’n gids wat hulle temperament en persoonlikheid verduidelik of die liefdestaal wat hulle die beste pas nie. Die kind se posisie in die gesin speel ’n rol. Ouers is dikwels geneig om te identifiseer met die een wat dieselfde posisie in die gesin het as wat hy of sy het. Of die benadering wat met die ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!