Liesel Krause-Wiid [Oudio+Video]

Word beter en nie bitter nie

Elke mens beleef die een of ander tyd teleurstellings. Ons lewe in ’n stukkende wêreld, en daarom kan ons nie mislukking vryspring nie.

Teleurstelling is ’n deel van die lewe

Dalk het jou toekomsdrome nie werklikheid geword nie – jou huweliksbootjie het op die rotse geloop of jy is ongelukkig in ’n werk wat so aanloklik gelyk het.

Die samelewing is nie baie genadig teenoor foute nie. Dit word nie eintlik geduld nie, en tweede kanse is maar skaars. Nogtans is mislukking deel van die lewe.

Moenie dan aangaan asof niks gebeur het nie. Gun jouself ’n kans om die teleurstelling te verwerk.

Om op te staan en aan te gaan nadat jy misluk het, gebeur nie oornag nie. Jou emosies het nie ’n aan en af skakelaar nie. Jy gaan waarskynlik eers kwaad wees, met God wil onderhandel, of hartseer en depressief voel. Beleef eerder die verskillende emosies en gevoelens sonder om by een vas te haak.

Jy kan nie ’n skoon tafeldoek oor ’n tafel vol vuil borde gooi nie. Vat een emosie op ’n slag ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ons voel maklik ons is nie goed genoeg nie en dat ons meer kan doen. Tog het ons nie ’n selfdoengodsdiens nie, want alles gaan ...

Met elke seisoen van jou lewe is daar geleentheid vir geestelike groei. God laat jou toe om te bloei en te blom. Maar dit bring ...

Scroll to Top