Word stil, en hoor Sy stem

Word stil, en hoor Sy stem

“As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister.” (Markus 4:23)

Ons lewe is so ’n warboel van dinge wat moet gebeur, verantwoordelikhede en sperdatums. Het jy al ooit daaraan gedink dat Jesus vir ons wag om stil te raak sodat Hy met ons kan praat?

Maar hoe hoor ek? ’n Spreekwoord sê: “To know the Father intimately, you need to watch Jesus closely.” Hoe meer jy Hom ken, hoe beter gaan jy sy stem herken.

God se stem is soms iemand wat vir jou ’n bemoedigende woord ...

“As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister.” (Markus 4:23)

Ons lewe is so ’n warboel van dinge wat moet gebeur, verantwoordelikhede en sperdatums. Het jy al ooit daaraan gedink dat Jesus vir ons wag om stil te raak sodat Hy met ons kan praat?

Maar hoe hoor ek? ’n Spreekwoord sê: “To know the Father intimately, you need to watch Jesus closely.” Hoe meer jy Hom ken, hoe beter gaan jy sy stem herken.

God se stem is soms iemand wat vir jou ’n bemoedigende woord gee, of uit die bloute ’n Skrifgedeelte per SMS terwyl jy in jou hart getwyfel het. So kry jy jou antwoord. Ander kere is dit ’n sagte stem in jou innerlike, ’n oortuiging in jou hart. God kan selfs hardop met jou praat. Hy het Samuel se naam geroep.

Om Sy stem te hoor vra dat ek my wese, wie ek is, sal rig op wie Hy is. Wanneer ek antwoorde soek, moet ek net stil gaan sit en wag op Hom. Stort jou hart uit, deel jou vrese en hartseer met Hom. Jy mag vrae vra, net soos wat jy met jou eie pappa sou praat. Juis dan, wanneer jy jou oorgee aan Hom en jou planne nie meer werk nie, praat Hy met jou.

Raak bewus van sy stem, nie net vir ons nie maar ook vir ander. Kom ons maak sy Woord prakties in ons lewe.

Wat jy voor oë hou, is wat jy word. As ons die wêreld soek, gaan ons soos die wêreld begin lyk. As jy op Hom wag, gaan jy sy stem herken! Stel jou ore in. Dan sal jy selfs die kleinste fluistering uit sy hart hoor en weet: Dit is God wat gesels.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top